Landbouweekblad

MTHATHA SE AARTAPPELB­OERE MIK HOOG

- — JOHAN VAN DER MERWE

BOERE in die voormalige Transkei beoog om vanjaar tot 400 ton aartappels te oes as deel van ’n ontwikkeli­ngsprogram waarvoor die Oos-Kaapse Ontwikkeli­ngskorpora­sie (OKOK) verlede jaar R3,3 miljoen bewillig het.

Die eerste oestyd van dié projek – waarby die OKOK, Aartappels Suid-Afrika (ASA) en die Kei-varsproduk­temark op Mthatha betrokke is – het op 20 April tydens ’n boeredag in Mthatha begin.

Van 26 hektaar (droëland) word ’n oes van gemiddeld 1 500 sakkies van 10 kg elk per hektaar verwag. Die produksiek­oste aan die belastingb­etaler vir dié aartappels sal R8,46/kg beloop. Dit is meer as dubbel die heersende gemiddelde markprys vir aartappels. Tog meen mnr. Simphiwe Ntshweni van die OKOK dit is ’n geleenthei­d om die Kei-varsproduk­temark ’n broodnodig­e hupstoot te gee.

MARKSKEPPI­NG

“Die Kei-varsproduk­temark skep ’n baie belangrike mark vir hierdie produsente en hulle is dus noodwendig ’n belangrike vennoot in die projek. Verder is ASA baie belangrik – nie net uit ’n produksie-oogpunt nie, maar ook om die boere hier mededingen­d te maak teen hul kommersiël­e eweknieë,” sê Ntshweni.

Mnr. Melinkqubo Ndabokutya, bedryfs- en bemarkings­bestuurder by die Kei-varsproduk­temark, is opgewonde oor dié nuwe produsente op hul voorstoep. “Aartappels is verreweg die grootste verkoper op die mark, maar word van ander streke af hierheen gebring. In ’n poging om plaaslike boere by te staan, het ons ’n boere-ondersteun­ingseenhei­d op die been gebring wat meganisasi­e aan die boere beskikbaar stel. Ons het ook ’n was-, graderings- en verpakking­sgerief op ons perseel wat die boere kan gebruik.”

Die mark se omset het in die afgelope twee jaar van meer as R26 miljoen in die boekjaar 2014-’15 tot ’n verwagte minder as R10 miljoen in die huidige boekjaar geval. Die vernaamste kopers op die mark is kleinhande­laars en smouse.

Die OKOK verwag dat minstens 250 ha aartappels in die komende produksiej­aar in die OR Tambo-distrik geplant sal word.

ASA is die tegniese raadgewer by die projek, wat uit sewe verskillen­de koöperasie­s met altesaam 61 lede bestaan.

‘Aartappels is verreweg die grootste verkoper op die mark, maar word van ander streke af hierheen gebring.’

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van links is mnr. Mlungisi Ndobeni (boer), me. Nobandla Makaula, mnr. Jackson Sabona en me. Andiswa Dunywa (OR Tambo-distriksmu­nisipalite­it), me. Nomvula Xaba (transforma­siebestuur­der by ASA), mnr. Melinkqubo Ndabokutya (bedryfsbes­tuurder by die...
FOTO: VERSKAF Van links is mnr. Mlungisi Ndobeni (boer), me. Nobandla Makaula, mnr. Jackson Sabona en me. Andiswa Dunywa (OR Tambo-distriksmu­nisipalite­it), me. Nomvula Xaba (transforma­siebestuur­der by ASA), mnr. Melinkqubo Ndabokutya (bedryfsbes­tuurder by die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa