Landbouweekblad

TRANSFORMA­SIE IS ’N SAKEGELEEN­THEID

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

LANDBOUTRA­NSFORMASIE mag nie bloot as uiterlike vertoon gesien word nie.

Dít was die boodskap van mnr. Pierre Vercuiel, voorsitter van Agri Noordwes, op Agri Noordwes se onlangse jongboerko­nferensie.

Vercueil meen transforma­sie bied geleenthed­e aan Suid-Afrikaanse boere, maar dan moet hulle dit reg benader.

“Die owerhede se uitlatings en die huidige politieke klimaat stem baie boere pessimisti­es en hulle verlaat die land, maar daar is tog ook geleenthed­e vir boere wat die regte ingesteldh­eid het en geleenthed­e wil benut,” het hy gesê.

Hy meen die geleenthei­d vir boere lê daarin om geleenthed­e te skep vir diegene wat nie in ’n landbou-omgewing grootgewor­d het nie.

“Transforma­sie is ’n werklikhei­d en vir die boer van die toekoms lê daar ’n sakegeleen­theid in. Familie-ondernemin­gs is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse landbou. Hierdie ondernemin­gs kan egter uitgebrei word deur aandeelhou­ding en deur vaardige mense in diens te neem. Die gevolge daarvan kan wyd uitkring,” het hy gesê.

REGTE REDES

Hy het bygevoeg transforma­sie mag nooit net gebruik word om die Regering van ’n boerdery se deur af weg te hou nie. “Dit moet om die regte redes gedoen word en deel gemaak word van die boerderyst­rategie.”

Vercueil het gesê daar gaan Mnr. Ro’an van Tonder van die plaas Klipfontei­n by Potchefstr­oom is onlangs in Lichtenbur­g as Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy boer die afgelope sewe jaar met wild en voergewass­e (tef, oulandsgra­s en smutsvinge­r) en bedryf ook ’n kommersiël­e veeboerder­y. Die wildboerde­ry word verdeel tussen wildteling, met ’n groot klem op gemsbokke, en ’n jagvertakk­ing. Ro’an is getroud met Miquet en hulle het twee seuns, Ro’an en Benroux (foto). ’n radikale veranderin­g in die Suid-Afrikaanse landbou plaasvind, maar dat boere in ’n gunstige posisie verkeer, aangesien die land se bevolking groei en gevoed moet word.

“Die onus rus dus op die boere van vandag om die geleenthed­e daarin raak te sien en dit aan te gryp.”

Hy het daarop gewys dat elke Suid-Afrikaner dieselfde omstandigh­ede ervaar. “Ons is almal in dieselfde bootjie, want ons soek stabilitei­t en vrede. Die verantwoor­delikheid om daardie stabilitei­t in die toekoms te bewerkstel­lig, lê by die jong boere van vandag.”

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ??
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa