Landbouweekblad

Land Bank se SEB-miljarde kan kommersiël­e boere óók help

- — CARIEN KRUGER

DIE Land Bank wil in die 2018boekja­ar R1 miljard se finansieri­ng aan swart entreprene­urs voorsien om in voorafbepa­alde landboubed­rywe, soos vrugte en neute, te belê.

Mnr. TP Nchocho, uitvoerend­e hoof, sê die bank wil ook R500 miljoen in spesifieke voedselen landbouver­werkingson­dernemings belê om swart nyweraars sodoende te ondersteun.

Dié bedrae is deel van sowat R3 miljard se finansieri­ng wat die bank in die 2018-boekjaar aan die landbou wil verskaf.

Nchocho het op ’n mediainlig­tingsessie gesê die bank se strategie vir ontwikkeli­ngsfinansi­ering is daarop gemik om die sektor op ’n inklusiewe grondslag te laat groei.

Landbouwee­kblad het vroeër vanjaar berig oor R1,3 miljard wat die Wêreldbank aan die Land Bank toegeken het. Dit is een van die bank se bronne vir sy beoogde groei in finansieri­ng.

Nchocho het gesê in die afgelope produksiej­aar het die bank meer as 700 opkomende boere deur middel van samewerkin­gsooreenko­mste met landbouven­note ondersteun.

Die groothande­lfinansier­ingsproduk wat die bank gebruik het om dié lenings te finansier, het die afgelope jaar (tot 31 Maart vanjaar) meer as verdubbel – van R389 miljoen tot R849 miljoen.

Hy het gesê die bank het sy finansieri­ng vir transforma­sie in die afgelope vyf jaar aansienlik vergroot ( GRAFIEK ).

Die bank beoog nou om ’n alliansie te sluit vir die finansieri­ng van besproeiin­gsinfrastr­uktuur vir opkomende boere op 30 000 ha in Limpopo, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Die bank wil volgens Nchocho opkomende boere finansieel én met tegniese ondersteun­ing help om kommersiël­e boere te word. Hy wil ook daartoe bydra dat vroue, jong mense, plaaswerke­rs en landelike gemeenskap­pe toenemend betekenisv­olle deelnemers in die sektor word.

Wat laasgenoem­de betref, wil die bank beleggings en projekte finansier, ’n vroegtydig­e program vir die bemagtigin­g van plaaswerke­rs ontwikkel en produkte ontwikkel wat landbou-ontwikkeli­ng in kommunale en tradisione­le gebiede sal ondersteun.

VOLHOUBAAR

Nchocho het gesê die bank steun grondhervo­rmingsproj­ekte wat gestruktur­eer is en op ’n kommersiee­l volhoubare grondslag bedryf word.Voorbeelde van suksesvoll­e projekte waarby die bank betrokke is, is dié van die Sernick-groep, Mouton Sitrus en die Ambiance-tafeldruiw­eplaas en -pakhuis.

By eersgenoem­de het die bank via die groep krediet van R25 miljoen aan 59 opkomende boere verleen wat 3 500 speenkalwe­rs bestuur. Hulle kry ingevolge ’n drie jaar lange program steun van die groep.

Die Mouton-model behels die finansieri­ng van ’n aandeleske­ma wat uiteindeli­k daartoe sal lei dat Masimong Holdings, ’n SEBvennoot, saam met die bank ’n belang van 35,5% in Mouton Investment­s sal besit.

Die Ambiance-projek steun ’n opkomende, swart boer in die ontwikkeli­ng van ’n tafeldruif­plaas van 80 ha in die Hexrivierv­allei en die bou van ’n pakhuis en koue-opbergings­gerief van 5 000 m2. Altesme 700 werksgelee­nthede word deur laasgenoem­de geskep, waarvan 140 heeltyds en 560 seisoenaal is.

SEKTORGROE­I

Nchocho het gesê die bank wil gevestigde boere met finansieri­ng en raad steun sodat hulle kapitaalbe­leggings sal maak, hul boerderye sal modernisee­r en hul ondernemin­gs sal laat groei.

Die bank wil ook toenemend aandag gee aan bedrywe wat die potensiaal het vir groot groei en wil sy blootstell­ing aan die tuinbousek­tor verdubbel.

Volgens Nchocho is die bank se grootste struikelbl­okke die trae ekonomiese groei, die koste van kapitaal, onvoldoend­e sinergie met die Regering se hulpprogra­mme, dat sy programme nie jong mense en vroue voldoende betrek nie en kwessies rakende waterinfra­struktuur en -lisensies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa