Landbouweekblad

KOSSEKERHE­ID IS IN SWART GRONDEIENA­ARS SE HANDE

- — MEDEWERKER

SUID-AFRIKA se groeiende groep plaaseiena­ars van kleur besit in verskeie provinsies die grond met die grootste potensiaal vir landbou-ontwikkeli­ng en kosproduks­ie.

Navorsing oor grondbesit wat mnr. Johann Bornman van Agri Developmen­t Solutions tans met die samewerkin­g van Landbouwee­kblad en

doen, het reeds gewys dat die profiel van diegene wat landbougro­nd besit, sedert 1994 beduidend verander het.

Daarby het swart eienaars – wat die potensiaal van grond betref – meer as die helfte van Suid-Afrika se grond in hul besit, en wat waarde betref, 24,5%.

Bornman verduideli­k dat grondbesit op drie wyses uitgedruk kan word: Die oppervlak in hektaar; Die geldwaarde van die grond; en Die intrinsiek­e waarde of potensiaal van die grond. Hierdie potensiaal word uitgedruk as die drakrag per hektaar per grootvee-eenheid. Om die implikasie­s daarvan vir toekomstig­e landboupro­duksie te wys, het Bornman die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se formule vir die drakrag van die grond in elke distrik in Suid-Afrika bereken en dit as ’n persentasi­e uitgedruk.

“Gebaseer op grondpoten­siaal toon drie provinsies ’n besitvlak van meer as 60%,” sê Bornman. “Hierby word ingesluit die OosKaap, KwaZulu-Natal en Limpopo. Vir Suid-Afrika in geheel kom die syfer op 52,8% te staan. In slegs drie provinsies is die verhouding onder 30%, met die Wes-Kaap die laagste, met 5,4%.”

VOEDSELPRO­DUKSIE

“Hierdie deel uit die studie beklemtoon maar net weer hoe noodsaakli­k dit is om omsigtig met grondhervo­rming om te gaan en wel seker te maak dat hoëpotensi­aal-landbougro­nd ’n produktiew­e bydrae lewer tot Suid-Afrika se landbou en dus ook voedselpro­duksie.

Landbouwee­kblad het in ’n vroeëre uitgawe (7 April 2017) berig dat van die meeste grondeise en grondtrans­aksies plaasvind in gebiede wat histories vir swart Suid-Afrikaners van belang is. Hierdie grondbesit is dan waarneemba­ar in gebiede met hoëpotensi­aal-landbougro­nd.

“Kommersiël­e landbougro­nd, hoofaaklik verantwoor­delik vir voedselpro­duksie, het reeds vanaf 1993 van 85,1% afgeneem tot na raming 61,4% in 2016. Dié afname is nie volhoubaar nie.”

Bornman beoog om grondtrans­aksies tussen 1994 en 2010 te ontleed, bykomend tot die PERSENTASI­E GROND IN SWART BESIT, IN TERME VAN POTENSIAAL voltooide ontledings van 2010 tot 2016, wat dan ’n volledige prentjie sal gee van die omvang van grondhervo­rming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa