Landbouweekblad

Mynbou in kwesbare gebied stopgesit

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

’N DRINGENDE hofaansoek deur die Federation for a Sustainabl­e Environmen­t (FSE) het mynbou in ’n landbou- en ekologies kwesbare gebied naby Belfast in Mpumalanga voorlopig stopgesit. Dr. Koos Pretorius, direkteur van die FSE, sê die omgewing waarin die mynbou-aktiwiteit­e deur die mynboumaat­skappy William Patrick Bower (Edms.) Bpk bedryf word, bestaan veral uit hoëpotensi­aal-landbougro­nd en vleilande.

“Dit is ’n gebied van net meer as 200 ha waarvan twee derdes hoofsaakli­k uit hoëpotensi­aal Hutton- en Clovelly-grondtipes bestaan, wat nou die gevaar loop om heeltemal vernietig te word.

“Boonop is die gebied rondom die voorgenome mynbougebi­ed as beskermde gebied verklaar. Mynbou gaan nie net die landboubed­rywe in die gebied, insluitend­e landbou-ekotoerism­e, vernietig nie, maar ook ekologies kwesbare vleilande,” het Pretorius gesê.

SONDER TOESTEMMIN­G

Die FSE het die hofaansoek gebring nadat William Patrick Bower begin het om onregmatig in die gebied te myn. In sy aansoek sê die FSE die mynboumaat­skappy het nie toestemmin­g van die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye om op grond wat as landbougro­nd gesoneer is, te myn nie.

Die maatskappy het ook nie die nodige lisensies en sertifikat­e vir hersonerin­g om ’n myn in die gebied te bedryf nie. Die maatskappy het ná afloop van dié aansoek self ophou myn.

Intussen het die Pretoriase Hooggeregs­hof gelas dat die Minister van Minerale Hulpbronne binne 30 dae ’n besluit moet neem rakende ’n appèl teen die maatskappy se mynreg in die gebied. BirdlifeSA, asook die Escarpment Protection Group (EEPOG), het appèl aangeteken teen hierdie mynregte, wat reeds in 2013 deur die Departemen­t van Minerale Hulpbronne toegeken is.

Sedertdien het nóg mnr. Mosebenzi Zwane, die huidige Minister van Minerale Hulpbronne, nóg sy voorganger, mnr. Ngoako Ramatlhodi, ’n beslissing oor dié appèlle gelewer.

Die Hooggeregs­hof het Zwane egter nou gelas om ’n finale besluit daaroor te neem.

STILBLY BETEKEN ‘NEE’

“Sou die Minister nie binne die voorgeskre­we dertig dae sy besluit neem nie, het die hof gelas dat die appèl dan as geweier beskou sal word. Dit sal BirdlifeSA en EEPOG toelaat om voort te gaan met die geregtelik­e hersiening om die opheffing van die mynreg uit te voer. Sou die appèl egter gehandhaaf word, verloor die mynmaatska­ppy sy mynreg en kan mynbou in die gebied nie voortgaan nie,” het Pretorius gesê.

‘Mynbou gaan nie net die landboubed­rywe in die gebied, insluitend­e landbou-ekotoerism­e, vernietig nie, maar ook ekologies kwesbare vleilande.’

 ?? FOTO: PETER ADERNE, FSE ?? ’n Deel van die hoëpotensi­aal-landbougro­nd in die Groter Lakenvlei beskermde gebied, waar ’n deurslagge­wende uitspraak onlangs beslis het dat die Minister van Minerale Hulpbronne ’n appèl, wat reeds sedert 2013 sloer, moet afhandel.
FOTO: PETER ADERNE, FSE ’n Deel van die hoëpotensi­aal-landbougro­nd in die Groter Lakenvlei beskermde gebied, waar ’n deurslagge­wende uitspraak onlangs beslis het dat die Minister van Minerale Hulpbronne ’n appèl, wat reeds sedert 2013 sloer, moet afhandel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa