Landbouweekblad

NUWE WATERREGUL­ASIES KAN SWAAR WEEG OP BOERE

Verteenwoo­rdigers van landboubes­ighede soek duidelikhe­id oor die swaar administra­tiewe laste wat nuwe waterregul­asies op boere en landbou-ondernemin­gs kan plaas. JOYLENE VAN WYK berig.

-

NUWE REGULASIES oor die aansoek om waterlisen­sies wat onlangs gepromulge­er is, raak alle nuwe besproeiin­gsake of -uitbreidin­gs. Dié regulasies, wat kragtens die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) uitgereik is, is meer as twee jaar gelede vir openbare kommentaar in die Staatskoer­ant gepublisee­r. Die weergawe wat uiteindeli­k in Maart vanjaar gepublisee­r is, bevat ’n paar nuwe reëlings met gevolge wat Besigheids­eenheid Suid-Afrika, saam met Agbiz, genoop het om ’n vergaderin­g met die Departemen­t van Water en Sanitasie te belê om dit verder te bespreek.

Daar is nie in dié stadium ’n formele geleenthei­d om kommentaar op die regulasies te lewer nie.

Mnr. Theo Boshoff, bestuurder van regsintell­igensie by Agbiz, verduideli­k hoewel die regulasies proseduree­l van aard is, dit ’n beduidende impak op die landbouwaa­rdeketting kan hê.

Die regulasies gee ’n boer die opsie om, indien hy dit verkies, vrywillig sy bestaande watergebru­iksreg vir ’n waterlisen­sie te verruil. Hoewel die wet by magte is om dit verpligten­d te maak, word dié mag nie toegepas nie.

Boshoff sê dit is van die uiterste belang dat regulasies nie vereistes daarstel waaraan produsente nie kan voldoen nie, aangesien watergebru­iksregte sentraal staan in landboupro­duksie en ’n uitwerking op die hele waardekett­ing het.

Boonop word die lande (grond) se produksiev­ermoë grootliks beinvloed deur die beskikbaar­heid en toeganklik­heid van water. Produksiev­ermoë raak op sy beurt die waarde van die grond.

PROSES

Wat volgens Boshoff kommerwekk­end is, is dat die regulasies die verpligtin­g vir konsultasi­e aan waterlisen­sie-aansoekers oorlaat. Dit is soortgelyk aan die prosedure wat geld in die openbare konsultasi­eproses by die Wysigingsw­etsontwerp vir die Ontwikkeli­ng van Minerale- en Petroleumh­ulpbronne, waar myn- of prospektee­raansoeker­s die proses self moet behartig.

“Dit is ’n baie veeleisend­e verpligtin­g om op die skouers van waterverbr­uikers te plaas. Hulle is dikwels maar klein tot mediumgroo­t ondernemin­gs wat finansieel onder druk is en dalk net nie die hulpbronne of kundigheid het om die taak uit te voer nie.”

Boshoff meen die departemen­t, as die voog van Suid-Afrika se waterhulpb­ronne, behoort nie toegelaat te word om afstand van dié prosesse te doen nie.

OMGEWINGSI­MPAK

Die regulasies neem ook nie parallelle prosesse in ag nie. Boshoff meen van die kwessies wat die nuwe regulasies probeer aanpak, kan eerder bloot as deel van die omgewingsi­mpakstudie hanteer word as wat twee “dupliseren­de” prosesse geskep word.

Boshoff sê die vorige weergawe van die regulasies, wat twee jaar gelede gepublisee­r was, het voorsienin­g gemaak dat prosesse wat met “een omgewingsb­enadering” strook, erken word. Dit ontbreek egter nou in die finale weergawe van die regulasies.

BESKERM

Die regulasies maak ook voorsienin­g vir ’n vorm wat gebruik kan word wanneer die departemen­t ’n aansoeker verlang om sekuriteit vir rehabilita­sie te voorsien om te verseker dat die waterhulpb­ron beskerming geniet.

Afdeling 30 van die wet maak voorsienin­g vir rehabilita­siesekurit­eit in die vorm van ’n brief van die bank, ’n verband, ’n versekerin­gspolis of ander vorme van sekuriteit wat die departemen­t as voldoende beskou.

Die wet gee die departemen­t baie vryheid om hierdie vereiste op te lê. Die regulasies gee egter nie duidelikhe­id oor die omstandigh­ede waarin dié vrye beslissing aangewend moet word nie. ’n Mens weet dus steeds nie of daar slegs van sekere bedrywe verlang sal word om sekuriteit te verskaf nie en/of dit op individuel­e grondslag toegepas sal word nie (ongeag die bedryf of waterverbr­uik).

’n Voorstel in die regulasies wat sonder twyfel verwelkom kan word, is dat die oorweging- en besluitnem­ingsproses vir die lisensie binne 300 dae sedert die indiening van die aansoek moet geskied.

“Regulasies is makliker om te wysig as ’n amptelike wet. Indien ons daarin slaag om van die tekortkomi­ngs uit te wys, sal die Departemen­t hopelik oorweeg om dit te wysig of aan te vul,” sê Boshoff.

‘Dis van die uiterste belang dat regulasies nie vereistes daarstel waaraan produsente nie kan voldoen nie.’

 ??  ?? Toe mnr. Pierre Joubert van die Gamtoos-landbouver­eniging dié foto op 9 Februarie geneem het, was die Kougadam nog 38% vol. Sedertdien het die damvlak tot 25% gesak.
Toe mnr. Pierre Joubert van die Gamtoos-landbouver­eniging dié foto op 9 Februarie geneem het, was die Kougadam nog 38% vol. Sedertdien het die damvlak tot 25% gesak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa