Landbouweekblad

GESLOER MET FICA-WET KAN BUITELANDS­E BELEGGERS LAAT WYK

- — CARIEN KRUGER

PRES. Jacob Zuma se gesloer met die onderteken­ing van die wysigingsw­etsontwerp op die Finansiële Intelligen­siesentrum (FIC) kan rampspoedi­ge gevolge vir Suid-Afrika inhou.

Mnr. Daniël Kriel uitvoerend­e hoof van Sanlam Private Wealth, sê dit kan tot ’n uitvloei van kapitaal lei.

Volgens hom is buitelands­e én plaaslike beleggers huiwerig om te belê as ’n land nie geskikte en internasio­naal aanvaarde prosedures teen geldwasser­y het nie, die bron van rykdom nie bekend is nie en mense geld op ongeoorloo­fde maniere kan bekom.

Vir Suid-Afrika om internasio­naal mededingen­d te wees, moet hy aan internasio­nale standaarde oor finansiële markte en regulasies teen geldwasser­y voldoen.

Kriel sê deursigtig­heid en die openbaarma­king van inligting word wêreldwyd ál meer vereis. Dit is deel van pogings om geldwasser­y en terreur te bekamp, wat as ’n goeie ding gesien behoort te word.

Suid-Afrika se Nasionale Vergaderin­g het die FIC-wetsontwer­p, wat Suid-Afrika se Wet op die Finansiële Intelligen­siesentrum (Fica) in ooreenstem­ming met internasio­nale standaarde vir beste praktyk sal bring, reeds einde Februarie goedgekeur, maar Zuma het dit teen druktyd nog nie bekragtig nie.

SWARTLYS

op ’n swartlys plaas. “Buitelande­rs kan dan besluit om hul beleggings in aandele op die JSE te onttrek, wat ’n beduidende nadelige uitwerking op die beleggings­gemeenskap sal hê deur regstreeks­e én onregstree­kse beleggings in aandelepor­tefeuljes.”

Suid-Afrika het onlangs twee nuwe gelisensie­erde beurse gekry–ZARXen4AX– enKriel sê hul kans op sukses sal in so ’n situasie baie kleiner wees.

GROTER SOEKLIG

Volgens hom gaan die wetswysigi­ng daaroor dat ’n risikogegr­onde benadering gevolg moet word waarvolgen­s kliënte van aanspreekl­ike instelling­s (soos banke, welvaartbe­stuurders, lewensvers­ekeraars en in ’n sekere mate die praktyke van finansiële adviseurs) se risiko beoordeel word. Vir kliënte met ’n hoër risiko moet baie strenger omsigtighe­idsonderso­eke gedoen word. “Dit beteken kliënte sal nie net een keer ingevolge Fica geverifiee­r word nie, maar finansiële instelling­s sal hul geldsake deurlopend aan omsigtighe­idsonderso­eke kan onderwerp.

“Die strenger ondersoeke sal nie net vir polities blootgeste­lde mense geld nie.

“Die wysigingsw­etsontwerp raak buitelands­e én plaaslike vooraansta­ande en invloedryk­e mense, en geld vir mense in die private sektor, asook vir mense wat sake met die staat doen.

“Die proses sal waarskynli­k taamlik lastig wees. Kliënte sal nie net aan finansiële instelling­s moet openbaar wat die bron van hul inkomste en welvaart is nie, maar ook bewyse moet lewer,” sê Kriel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa