Landbouweekblad

POLITICI IN BEKGEVEG OOR PLAASMOORD­E

- Bitter Grapes: Slavery in the vineyards

Plaasmoord­e is in Maart vir die eerste keer tydens ’n vurige debat in die Parlement bespreek.

Die debat is ter tafel gelê deur die Vryheidsfr­ont Plus en weerspieël die groter verdeling wat oor die onderwerp van plaasmoord­e en ook binne die breër Suid-Afrikaanse samelewing heers.

Terwyl die DA, ANC en Vryheidsfr­ont Plus grootliks saamstem oor die erns van die probleem van landelike veiligheid, het die EFF en Agang herhaaldel­ik verwys na gevalle van arbeidsmis­bruike op plase, onder meer die Deense dokumentêr waarin beweerde oortreding­s van die arbeidswet by die Robertson- en Leeuwenkui­l-kelder begaan is.

Belediging­s is heen en weer geslinger en verskeie afbrekende aanmerking­s oor boere kon uit die banke van die Nasionale Vergaderin­g gehoor word. Mnr. Mosiuoa Lekota (foto), leier van Cope, het in die debat uitgevaar teen politici wat mense opsweep en ’n vrugbare klimaat vir misdaad en geweld skep.

“As ons gebeure in landelike gebiede gaan stopsit, moet ons hier in die Nasionale Vergaderin­g begin. As ons die wet verontagsa­am en uitsprake maak wat mense mislei en aanmoedig om mekaar aan te val, is ons deel van die probleem.”

Hy het uitgevaar teenoor pres. Jacob Zuma se uitsprake oor grondhervo­rming en hom beskuldig daarvan dat hy nie politieke ruggraat het nie. “As ons president uitsprake maak wat teenstrydi­g is met die Grondwet, is hy deel van die misleiding van jong mense. Ons kan nie daaroor stilbly nie.”

Voorts het hy gesê politici durf nie stilbly as die EFF se mnr. Julius Malema dele van die bevolking dreig met die dag wanneer hy in ’n magsposisi­e is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa