MOORD OP MY BURE
Oudergewoonte loer ek by my buurman,
(65), van Pinevale in wanneer ek na Ida in die Noordoos-Kaap gaan. Dié afgetrede skoolhoof kry ek Saterdagmiddag 15 Augustus 2015 waar hy uit sy plaaswinkel kom.
Dit is reeds skemer. Hy het net gou kom oopsluit vir ’n vrou wat tee en suiker soek. Ná ’n paar minute se gesels belowe ek om die Sondagoggend ook vir sy ma,
(88), te kom groet voor ek weer in die pad Baai toe val.
Twee uur later klop een van die ander Ida-boere, Trevor Stotter, dringend teen my voordeur. “Ek het vir jou slegte nuus. Ruben en sy ma is vermoor.” Ek sak op my knieë, verlam van die skok.
“Onmoontlik, ek het dan nog netnou met Ruben gepraat.”
In die dae ná die dubbele moord heers totale verslaentheid in die kontrei. Almal loer oor hul skouer vir vreemdelinge en maak seker hul huise is bedags én saans gesluit. Die
ten nouste by die kommissie betrokke was, daarmee saam.
“’n Plaasaanval is eintlik maar ’n huisroof op ’n plaas. Die groot verskil is dat plaasaanvallers gewoonlik meer tyd het om die aanval uit te voer omdat die plaas ver van bure en die polisie se hulp af is.
“In ’n aanval is tyd gewoonlik die slagoffer se grootste vyand en die aanvaller se grootste bondgenoot. In die stad wil die aanvallers so gou as moontlik wegkom, want hulle weet die bure kan iets agterdogtigs sien.”
Dit verduidelik ook in baie opsigte die groter geweld tydens plaasaanvalle, meen Johan.
AFNAME IN BOERE?
Mnr. Ernst Janovsky, afgetrede hoof van Absa-Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid, sê die impak van plaasaanvalle is dramaties.
“Op sielkundige vlak het dit ’n reuse-impak. Dit haal basies ’n plaas vir ’n ruk uit produksie en soms lei dit tot gedwonge eerste hofverskyning van die verdagtes op Indwe word met groot belangstelling deur die gemeenskap gevolg. Van die inwoners toi-toi met plakkate en talle sweer wraak. Sipho Zweni (23), Lusindiso Mbekeni (20) en Siphosetu Matoni (25) kry almal dubbele lewenslange tronkstraf en word onderskeidelik ook bykomend 45 jaar, 25 jaar en 15 jaar gevonnis vir roof, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die rig van ’n vuurwapen. Twee van die drie veroordeelde moordenaars het onderrig by Ruben in die Hoërskool Ida ontvang. Twintig maande ná die grumoord staan Pinevale se huis steeds leeg. Die verf dop af. Die kosbare Afrikana en besittings is lankal tussen die familie verdeel. Daar is nie ’n teken van die skaars pluimvee en duiwe waarmee Ruben sy dae deurgebring het en ure oor kon praat nie. Mnr. Mondi Gebo (39), wat sedert 2001 in Ruben se diens was, is steeds op die plaas. “Dit is seer, baie seer. Ek verlang elke dag na Tshutsu (Ruben se bynaam). Dit is nie meer lekker om hier te bly nie. Hy was my pa. Sy was my ouma. Daardie mense wat dit gedoen het, kan in die tronk bly tot hulle vrot. Ek weet nie wat sal met my gebeur as iemand die plaas koop nie.”
Mnr. Peter Stotter van Peachgrove op Ida, sê al wat verander het, is dat die polisie ná die moord meer patrollie ry. “Ons roep mekaar steeds elke aand om seweuur om te hoor of almal veilig is. Dit is hoe ons destyds so gou agtergekom het daar was fout toe Rubenhulle nie die roepsein beantwoord het nie.”
Trevor (van Heimat), wat op die moordtoneel afgekom het, meen verhoudinge tussen swart en wit het ná die voorval baie verbeter. “Ofskoon die wit gemeenskap die familie erg mis, is dit die swart mense wat die ergste rou. As die polisie nie tussenbeide getree het nie, sou van die swart mense daardie dag reg in eie hande geneem het.” — THEUNS BOTHA