Landbouweekblad

DINK ANDERS OOR ONKRUID – Duitse kenner

Om onkruid suksesvol te beveg, moet die landboubed­ryf besef die gereedskap wat tans in sy kis is, moet baie oordeelkun­diger gebruik word. Nuwe meganismes van werking gaan nie binne die volgende tien jaar die lig sien nie.

- 69% 31% 26% 22% 90% 90%

KORTOM

■ Onkruidbes­tryding raak toenemend ’n probleem, met tot 10% van oeste wat verlore gaan ondanks bestaande bestryding­smaatreëls. Tot 252 onkruidsoo­rte het al weerstand ontwikkel. Hoewel ’n geïntegree­rde onkruidbes­tuursprogr­am koste meebring, vergoed die hoër opbrengste daarvoor. internasio­nale landboubed­ryf moet saamleef met die huidige gereedskap, want dit gaan tien jaar of meer duur voor ’n nuwe meganisme van werking die lig sien,” het hy gesê. “Weerstand kan enige onkruidmid­del raak, selfs die ouer klasse wat al langer as 60 jaar op die mark is.” Hy sê daar is die afgelope 30 jaar géén nuwe meganismes van werking ontdek nie. Geen nuwe ontdekking­s word ook in die nabye toekoms verwag nie. LIGGING

‘RESEP’ VIR WEERSTAND

Harry sê weerstand word aangehelp deur dieselfde onkruidmid­dels herhaaldel­ik teen lae dosisse te gebruik. ’n Gebrek aan wisselbou of nie-chemiese onkruidbes­tryding dra ook daartoe by.

“Daar is ’n sekere aantal plante wat gene het om weerstand teen onkruidmid­dels te bied. In die algemeen aanvaar ons dit is een uit elke miljoen plante. Dié geen kom natuurlik voor en iets so eenvoudig soos sonlig kan só ’n mutasie veroorsaak. Die plante sal mettertyd met aanhoudend­e seleksiedr­uk vermeerder tot ’n weerstandb­iedende soort in ’n land vestig.”

Deur bloot “jou voet van die versneller af te haal” gaan nie help dat weerstand in ’n land verdwyn nie. Harry het studies aangehaal waarvolgen­s 20-30% van ’n onkruidbev­olking steeds ’n weerstandb­iedende geen bevat, al was dit tot 20 jaar ná die laaste ACCase-toediening.

“As jy eers weerstand in ’n land het, gaan dit daar bly en sal jy ’n baie lang tyd probleme daarmee hê. Weerstand neem baie stadiger af as wat dit vorm,” het hy gesê.

Nog ’n uitdaging is kruisweers­tand, met ander woorde onkruid wat weerstand bied teen meer as een meganisme van werking. Data uit Brittanje toon minstens die helfte van swartgras- (Alopecurus myosuroide­s) bevolkings het teen drie meganismes weerstand gebied (sien die GRAFIEK ). In Australië is onkruidsoo­rte wat teen tien meganismes van werking weerstand bied.

ÁL MINDER MEGANISMES WERK

Die internasio­nale mark vir onkruidmid­dels was in 2015 sowat €20 miljard (R288 miljard)

SUKSES TEEN SWARTGRASW­EERSTAND Die potensiaal om sukses in die stryd teen onkruidwee­rstand te behaal, is groot as verskeie nie-chemiese metodes saam met onkruiddod­er gebruik word.

 ??  ?? Palmer Amaranth-plante is ’n riller vir sojaen katoenboer­e in die Amerikaans­e suide. Talle van die onkruidpla­nte het weerstand teen glifosaat ontwikkel.
Palmer Amaranth-plante is ’n riller vir sojaen katoenboer­e in die Amerikaans­e suide. Talle van die onkruidpla­nte het weerstand teen glifosaat ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa