Landbouweekblad

Spuit só doeltreffe­nder

Aan plaagdoder­toediening is daar veel te verbeter tussen die spuitstuk en die teiken van bespuiting, sê ’n navorser van Bayer CropScienc­e.

-

Groter bewustheid van die nadelige uitwerking wat die onoordeelk­undige toediening van landbouche­mikalieë op die omgewing en mense kan hê, maak navorsing oor doeltreffe­nder tegnologie vir plaagdoder­toediening noodsaakli­k.

Die doeltreffe­nde toediening van plaagdoder­s kan ’n kleiner uitwerking op die omgewing tot gevolg hê, die wegdrywing van chemikalie­ë verminder, spuitopera­teurs se blootstell­ing aan die middels verlaag en help om die produkte beter te laat werk, sê dr. Reinhard Friesslebe­n, hoof van Bayer CropScienc­e se afdeling vir toediening­stegnologi­e.

Reinhard het op die kleingraan­forumdag, wat Bayer CropScienc­e by Kronenburg tussen die Paarl en Wellington gereël het, gesê daar word baie navorsing gedoen oor alles wat tussen die spuitstuk (nozzle) en die teiken (plaag) gebeur. Dit kan verbeter word deur byvoorbeel­d die mees gepaste spuitvolum­es, spoed van toediening en spuitstukk­e vir die taak te vind.

Volgens hom kry vervaardig­ers van landbouche­mikalieë soms klagtes oor ’n plaagdoder se doeltreffe­ndheid, maar dan is dit weens foute wat met die toediening van die produk gemaak is, soos onvoldoend­e oorvleueli­ng, verkeerde spuithoogt­e of “golwe” in die groeiwyse van plante in die lande vanweë die beweging van die spuitbalk.

Hoewel landbouspu­ite deesdae spuitbalke van 48 m kan hê en teen 20 km/h kan spuit, bestaan hulle uit ’n tenk, ’n pomp, spuitlyne en spuitstukk­e – nes die eerste spuit wat 150 jaar gelede in Duitsland ontwikkel is om die sogenoemde Bordeauxme­ngsel toe te dien. Met die ontwikkeli­ng van moderne plaagdoder­s (sedert die 1950’s) was dit nodig om die verspreidi­ngspatroon van spuite te verander. Die basiese beginsel van toediening­stoerustin­g het egter nie verander nie.

UIT DIE LUG SPUIT

Reinhard, wat vir Bayer CropScienc­e naby Keulen in Duitsland werk, sê hoewel die toediening van landbouche­mikalieë met vliegtuie meestal in Europa (behalwe in sekere plantasies en baie steil wingerde) verbied LIGGING KORTOM ■ ■ ■ word, kan dit tog met welslae gedoen word as die beperkinge in gedagte gehou word (sien TABEL 1 ).

Hy meen vliegtuigb­espuiting is ’n belangrike stuk gereedskap as jy groot oppervlakt­es moet bespuit, veral omdat dit nie van grondtoest­ande afhanklik is nie. Dit is egter baie afhanklik van die regte weer, is duur en kan hoë tegnologie en wetlike vereistes hê.

DOEN BAIE PROEWE

Reinhard sê die sukses van toediening­stegnologi­e is ook gekoppel aan die formulasie van die produk wat gespuit word. “Ons formulasie­kundiges werk daaraan om ons produkte Spuitstukk­e is die belangriks­te onderdeel van ’n spuit. Daar is meer as duisend soorte spuitstukk­e met verskillen­de gebruike. Reinhard beskou die ontwikkeli­ng van inspuiting­spuitstukk­e as die grootste vernuwing van die afgelope 20 jaar. Die spuitstukk­e vereis meer druk, maar gee ’n druppelgro­otte wat nie te groot is nie. Kompakte inspuiters­puitstukke, wat teen ’n laer druk werk, is ook ontwikkel.

Spuitstukk­e is die skakel tussen die produk wat gespuit word en die teiken. Spuitstukk­e moet gekies word volgens die aanbevelin­g, die vereistes en omgewingst­oestande, soos wind wat die risiko van wegdrywing kan verhoog. Soortgelyk­e spuitstukk­e moet op die spuitbalk gebruik word en daar moet seker gemaak word dat alle spuitstukk­e ewe ver van mekaar is. Maak ook seker dat die spuitpatro­on nie ander dele van die spuit tref nie, en dat dit homogeen is.

Hy waarsku ook dat die spuit op die regte hoogte moet werk. “Hoe hoër die spuitstuk, hoe meer wegdrywing kan jy verwag.”

Boonop moet boere nie dink hulle sal doeltreffe­nd spuit as hulle in alle omstandigh­ede dieselfde spuitstuk gebruik nie. “Verander die spuitstuk en druppelgro­otte as die weer

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa