Landbouweekblad

Buurmanne klop jakkalse met herdershon­de

’n Anatoliese herdershon­d is jakkalse se enigste natuurlike vyand wat deur die boer bestuur kan word. Buurplase by Montagu maak met dié honde hul omgewing skoon van jakkalse.

-

PLAASINLIG­TING

Anatoliese herdershon­de is die enigste oplossing teen jakkalse wat kleinvee voor die voet opvreet, sê mnr. Danie le Roux, ’n Dorperboer van Montagu. “Dis niks snaaks om twee derdes van jou lammers te verloor nie. Ek het hier ingetrek met 800 ooie. Op ’n kol het hulle my diere só opgevreet dat ek net 250 diere oorgehad het, want daar was nie vervanging­sooie nie.”

Mnr. Frikkie Hugo, sy buurman, beaam dit. Hy boer met Dohne-Merino’s en het aanvanklik sy skape saans in ’n kraal gejaag. “Dit vat twee uur van jou dag, en het nie altyd gewerk nie – ’n luiperd het al ingespring en toe lê daar nege dood. Jakkalse begin ook in die dag vang, sommer groot skape – daar lê net vel en rugstring soos hulle die ooi opgevreet het.”

“Ek het 28 jaar lank alles probeer, maar sonder sukses,” sê Danie. “Jy sal jakkalse vrekskiet tot jy die dag dood is.”

“Jy skiet twee op ’n nagjag, dan roep daar nog so ’n string,” sê Frikkie. “Jy raak so moedeloos, jy gaan sommer huis toe.”

GEDUGTE VEEWAGTERS

Danie was agt jaar gelede op die punt om uit desperaath­eid na Angus-beeste oor te skakel toe hy Anatoliese herdershon­de as veewagters op die proef gestel het.

Dié honde het ’n ingebore instink om diere op te pas en sal hul trop met hul lewe verdedig.

“Die eerste ding wat ek nou soek as ek by die trop aankom, is my hond,” sê Danie. “As ek weet die hond is daar, hoef ek amper nie eens die lammers te tel nie.

“Dit is ongeloofli­k wat hulle kan uitrig. Hulle is drie keer die jakkals se grootte. Jy het dus ’n natuurlike vyand in die veld gesit, een wat jy kan bestuur.

“Ek het een oggend ’n jakkals in ’n vanghok gekry en besluit: Jou bogger, kom ons kyk wat maak die honde met jou. Ek los die hok 200 m van ’n reun af oop. Daardie hond kom reguit op die jakkals afgestorm. Een hap – morsdood.”

Op Danie se aanbevelin­g het Frikkie in 2013 sy eerste hond gekry. “Hy het my in die beginstadi­um twee, drie keer ’n dag gebel – die hond doen dit, wat moet ek maak? Dan sê ek vir hom, hou maar net moed. Gee die hond ’n kans, dit sal regkom.”

Sedert Frikkie die honde gekry het, het sy lampersent­asie van 70 tot 120 verbeter. Hy het tans drie herdershon­de, wat al met alles van ’n bobbejaan tot ’n luiperd deurmekaar was.

“As ’n hond nie vir ’n bobbejaan bang is nie, kan ’n luiperd loop bars,” sê Danie. “’n Luiperd druk sy gat in ’n bos en probeer die honde met sy kloue weghou, maar ’n bobbejaan vat agter en voor. BO:

 ??  ?? Piet is ’n gesoute jakkalsvan­ger wat veral snags bedrywig is. LINKS: Mnr. Danie le Roux se jongste hondjie, Wit Leeu, is in die eerste opleidings­fase en bly saam met twee skape in ’n klein kraal sodat hulle ’n hegte band met mekaar kan vorm.
Piet is ’n gesoute jakkalsvan­ger wat veral snags bedrywig is. LINKS: Mnr. Danie le Roux se jongste hondjie, Wit Leeu, is in die eerste opleidings­fase en bly saam met twee skape in ’n klein kraal sodat hulle ’n hegte band met mekaar kan vorm.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa