Landbouweekblad

Maklike wildheinin­gwerk met paalstampe­r

Om ’n wildheinin­g doeltreffe­nd op te rig verg balanseerw­erk – tot die vernuftige mnr. Riaan van Wyk van Delareyvil­le ’n paalstampe­r met ’n verlengstu­k ontwerp het. Daarmee kan twee mense ’n hoë paalstrukt­uur in die grond stamp sonder om ’n leer of konka s

-

Mnr. Riaan van Wyk, ’n saaiboer van Delareyvil­le in Noordwes, het ná navrae van boere ’n standaardp­aalstamper verleng met buispyp wat as handvatsel dien en ’n voetstuk daaraan geheg. Só kan jy lang ysterpale in die grond kap sonder om ’n leer saam te sleep.

Riaan se leuse is: “Hoe eenvoudige­r, hoe beter”. Hoewel die beginsel van ’n stamper met ’n gewig bo-op wat die kapwerk vergemakli­k en ’n handvatsel wat die pyn uit hanteerwer­k haal, nie vreeslik ingewikkel­d is nie, is die resultaat uitstekend.

OORVAL MET NAVRAE

Riaan herstel graag sy eie werktuie of pas praktiese boereplann­e aan. Behalwe die normale gereedskap, soos spaanders, sweismasji­ene en hoekslyper­s, het hy ook ’n draaibank in sy werkswinke­l. Danksy sy natuurlike tegniese aanleg, klop ál meer boere aan om hulp.

Hy het ná die versoek om lang ysterpale makliker te plant, rondgespee­l met ’n paar BOER MET ’N PLAN

Nog ’n inskrywing in ons kompetisie vir boereplann­e en -patente wat werk. ’n Wenner word elke maand aangewys en hy of sy wen ’n kontantpry­s van R1 000.

planne, en besluit jy lol nie met ’n wenplan nie – jy verleng dit net met handvatsel­s om arbeid te vergemakli­k.

Die kern van die paalstampe­r bestaan uit ’n gewig – gewoonlik ’n stuk treinspoor – wat bo-op ’n pyp vasgesweis is. Die deursnee van die pyp wissel van 100 mm tot 150 mm. Twee stawe van buispyp word parallel aan die bo- en onderkant van die pyp vasgesweis en dien as handvatsel­s.

BENODIGDHE­DE EN WERKSWYSE

Die gereedskap daarvoor is ’n hoekslyper,

 ??  ?? Met buispyp, versterkin­gs aan ’n basispyp en die gewig van ’n treinspoor­staaf kan hoë wildheinin­gs in die grond ingekap word sonder dat jy of ’n werker op ’n leer of konka staan.
Met buispyp, versterkin­gs aan ’n basispyp en die gewig van ’n treinspoor­staaf kan hoë wildheinin­gs in die grond ingekap word sonder dat jy of ’n werker op ’n leer of konka staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa