Landbouweekblad

Op ’n mooi dag is Milnerton se gholfbaan die spoggerigs­te baan in die Kaap.

-

Die Milnerton-gholfbaan, wat reeds in 1935 as ’n sesputjie-uitleg ontstaan het, word geloof vir sy baanontwer­p, toestand, diens en geriewe. Ongelukkig is die baan sy kus-karakter kwyt toe ’n behuisings­kema in 1995 van die oorspronkl­ike putjies ingesluk het.

Die uitleg herinner steeds aan ’n tipiese kusbaan: Dit lê tussen Tafelbaai se branders en die Dieprivier, dis plat met min bome en, soos op St. Andrews in Skotland, speel jy een ronde saam met die wind en die ander teen die wind.

Die wind kán hier waai – soms ysig en stormsterk. Die ruveld is ook moeilik op sommige putjies. Tensy jy van wind hou, raadpleeg eers die weervoorsp­elling voordat jy ’n ronde hier bespreek.

WIND VAN VOOR

Vroegoggen­d is dalk die beste afslaantyd op hierdie 6 100 mbaan wat Golf Data ontwerp het. Saam met die wind is die eerste nege putjies maklik vir goeie spelers, maar dinge kan drasties verander teen die wind op pad terug na die klubhuis toe.

Die eerste putjie van 374 m word gevolg deur nog drie syfer viers voordat jy by die eerste syfer drie kom. Die derde en vyfde putjies se bowwe is net bokant die branders. Die agtste putjie, ’n syfer vyf (493 m), is die treffendst­e – met water regs en ’n lang, nou setperk wat wag.

NATUURSKOO­N

Die laaste drie putjies vorm die perfekte kombinasie: ’n Kort syfer vier, ’n syfer vyf met ’n setperk wat binne twee houe bereik word en ’n lang syfer vier. Al drie lê oop langs die rivier en spelers moet oppas vir skielike haakhoue.

Die baan is op sand gebou met goeie dreinering en is gewild in die nat, Kaapse winter. Nog pluspunte, selfs as jou spel nie op peil is nie, is Tafelberg op die agtergrond, die voëllewe langs die rivier en natuurlik die 19de putjie met sy ongeloofli­ke see-uitsig, waar dit tydens hooggety voel of die branders deur die klubhuis se groot vensters suis.

Die baan is streng oor kleredrag op en van die baan. 021 552 1047.

Dié keer spring almal in om die koms van ons vriendin Ansie se Noorsveld-prinsessie, Christina, met ’n spesiale ooievaarst­ee te vier. Sonder om twee keer te dink, stem ek in om iets te maak, want my man, Jay, is mos ’n boer én ’n sjef.

Jansenvill­e wou wys hoe warm sy kan raak en ons het besluit om vars sorbet te maak om die

Maak ’n stroop deur die suiker, water en suurlemoen­skil oor medium tot hoë hitte te verhit totdat die suiker gesmelt het. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Voeg die mentblare by en laat trek vir 10 minute. Syg dit deur ’n sif en gooi die blare weg.

Meng die stroop, suurlemoen­sap, spanspek en sout in jou voedselver­werker. vroue te verkwik.

Ek hoop Christina word so geseën dat sy vele reënbuie in die dorre Karoo sal ervaar, dat sy eendag die deursettin­gsvermoë en geloof sal hê van ’n boer wat op die droogte se einde wag, dat sy so vergewensg­esind soos die Noorsveld sal wees ná die reën, wat geel blommetjie­s uitstoot net waar jy kyk en dat sy die ware hart van ’n Karoomens sal hê wat altyd tyd maak vir iemand anders.

Saam met die wind is die eerste nege putjies maklik . . . maar dinge kan drasties verander teen die wind op pad terug na die klubhuis toe.

Meng alles saam in ’n voedselver­werker, plaas in roomysbakk­ies en vries.

 ??  ?? Tafelberg en die see is deel van die gholf-ervaring in Milnerton.
Tafelberg en die see is deel van die gholf-ervaring in Milnerton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa