Landbouweekblad

Die enigste Suid-Afrikaanse wingerdblo­k wat tot ’n nasionale gedenkwaar­digheid verklaar is, lewer ná 91 jaar steeds kampioenwy­n by Bonnievale.

-

Op die plaas Langverwac­ht tussen Robertson en Bonnievale staan Oupa se Wingerd – 780 stokke Muskadel wat reeds in 1926 geplant is. Dit is die enigste blok druiwe in Suid-Afrika wat tot ’n nasionale gedenkwaar­digheid verklaar is.

Oupa se Wingerd het sy oorsprong in 1926, toe Klaas Jonker 16 000 stokke Rooi Muskadel geplant het. Nagenoeg 60 jaar later het Lourens Jonker – die derde geslag Jonker op die plaas – die meeste daarvan uitgehaal en grootliks met Chardonnay vervang. Tog het iets hom gepla. Die 1986-Muskadel uit dié bejaarde wingerdsto­kke is pas as nasionale kampioenwy­n aangewys. Hoe vernietig ’n mens ’n hele blok wingerd wat nog só goed presteer? Geplant deur oupa Klaas?

Lourens het besluit om 780 stokke te bewaar – en die wyn uit Oupa se Wingerd ryg vandag nog pryse in.

In 1986 is ’n blok Wit Muskadel reg langs Oupa se Wingerd geplant. Dit staan vandag bekend as Ouma se Wingerd en presteer net so goed. goed vir geurontwik­keling in ons muskaat-druiwe. Die wortels is diep geanker in dié tipe grond,” verduideli­k Philip Jonker, die vierde geslag op die plaas. Langplaas vorm deel van Weltevrede-familiewyn­landgoed.

“Die stokke wissel baie, maar die dikstes is tussen 20 cm en 30 cm in deursnee.”

“’n Wingerdsto­k is waarlik ’n wonderlike plant. Die oudste stok wat nog dra, is in Slovenië – oor die 400 jaar oud!”

Philip glo ouer wingerde word deesdae meer gewaardeer.

“Wanneer ek met Oupa se Wingerd werk, raak ek nederig. Dit was ’n besonderse oomblik om eendag by die wingerd met my dogter Mariana stil te hou. Sy het ’n korrel gepluk en geëet – dis baie spesiaal om te besef dat vyf geslagte van my familie al die vrug van hierdie wingerd kon proe!”

Die 91-jarige bosstokke word elkeen individuee­l gesnoei, nie soos ’n opgeleide wingerd wat reg deur dieselfde gesnoei word nie. Die wingerd is ook nog BO: REGS: onder vloedbespr­oeiing.

 ??  ?? Die dik, knoetsige bosstokke word individuee­l gesnoei.
Die dik, knoetsige bosstokke word individuee­l gesnoei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa