Landbouweekblad

Van die kragtigste trekker in die handel tot ’n outomaties­e trekker sonder stuurkajui­t — Case IH loop voor met uitnemendh­eid.

-

Case IH vier vanjaar sy 175ste herdenking as ’n wêreldleie­r op die gebied van landboutoe­rusting. Die maatskappy se aanvanklik­e aanleg in Racine, Wisconsin, in Amerika is steeds die hoofkwarti­er van dié handelsmer­k.

Die moderne weergawe van die maatskappy het in 1985 ontstaan toe JI Case die landbou-afdeling van Internatio­nal Harvester oorgekoop het. Só is Case en IH saamgevoeg in die hedendaags­e Case IH.

Van die bekendste landboumas­jinerie uit die Case IH-stal is vandag steeds bekend as betroubare werkesels met uithouverm­oë. Die Magnum-trekkerree­ks, waarvan meer as 150 000 eenhede wêreldwyd al sedert 1985 verkoop is, is een daarvan. Trouens, die Magnum het in 1987 die eerste trekker geword wat die uitnemendh­eidseerbew­ys vir industriël­e ontwerp ontvang het.

VOORUITGAN­G

Meer onlangs is die Case IH Quadtrac-trekker met sy rusperband­e bekend gestel. Dit is wêreldwyd ’n betroubare staatmaker. Sedert sy bekendstel­ling in 1996 het dié trekker die pas aangegee vir trekkers met driehoekvo­rmige rusperband­e. Trouens, die kragtigste trekker wat in die handel beskikbaar is, is die Steiger® Quadtrac 620 wat 516 kW en ongeëwenaa­rde trekkrag lewer.

Eerbewyse vir nuwe tegnologie is nie die motivering vir Case IH se span nie, maar om beter opsies aan boere te bied.

Só is die jongste toevoeging in Case IH se vertoonkas ook die een wat die meeste asems wegslaan. Die outonome konseptrek­ker is verlede jaar op die Farm Progress Show in Amerika bekend gestel.

Dié trekker sonder ’n stuurkajui­t is ten volle outomaties en kan volgens sy geprogramm­eerde roete of met afstandbeh­eerde instruksie­s al die werk doen wat ’n trekker met ’n operateur sou doen.

Merkwaardi­g? Nee, dit is gewoon net Case IH se vernuwing in aksie! www.caseih.com

 ??  ??
 ??  ?? Case IH word gekenmerk deur ontwikkeli­ng en vernuwing.
Case IH word gekenmerk deur ontwikkeli­ng en vernuwing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa