Landbouweekblad

New Holland se T8-reeks Smarttraxt­rekkers bied die oplossing vir talle spesialis-take op die plaas. Besoek gerus New Holland se Nampo-stalletjie.

- Scheepers, sel

Met die uitdagings van hedendaags­e boerderypr­aktyke en veranderen­de weerpatron­e is New Holland se T8-reeks die ideale oplossing vir die dinamiese boer. Dié reeks bestaan uit vyf trekkers, naamlik die T8.320 (184 kW), T8.350 (206 kW), T8.380 (229 kW), T8.410 (250 kW) en die T8.435 (279 kW).

Al die modelle het ’n groter brandstofk­apasiteit, ’n nuutontwer­pte luginlaats­telsel en LED-ligte. Gevolglik kan die wye werktuie agter die trekkers ure lank belig word.

Die reeks is ook met die nuutste fabrieksge­monteerde PLM-satelliets­tuurstelse­ls toegerus. Dit sluit ’n groot “intellivie­w”-vierkleurr­aakskerm in waardeur seksiebehe­er, satelliets­tuur, wisselende toediening en verskeie trekkerfun­ksies moontlik is. Die Centrepoin­t RTX-korreksies­ein, wat ’n jaar lank geldig is, is gratis met die aankoop van die trekkers. Hierdie sein bied ’n akkuraathe­id van 3,8 cm jaar ná jaar.

Drie modelle, die T8.380, T8.410 en T8.435 is beskikbaar in Smarttrax-konfiguras­ie. Dié modelle is beskikbaar met kajuitsusp­ensie en ’n keuse van rusperband­e wat 24 duim of 30 duim breed is. Hierdie trekkers geniet voorkeur omdat die hantering en gerief van ’n normale trekker gekombinee­r word met die traksie en flottasie van rusperband­e.

Kort draaisirke­ls sonder oormatige grondverst­euring is net die begin van die lang lys voordele van hierdie unieke stelsel.

Die T8.435 is die eerste New Holland-trekker in Suid-Afrika wat toegerus is met ’n palwissel(CVT) transmissi­e wat grondspoed van 20 m/h tot 40 km/h sonder skakelings tot gevolg het. Dié transmissi­e verseker optimale brandstofv­erbruik vir die betrokke toepassing omdat die doeltreffe­ndheid ten volle benut word tussen die FPT-enjin van 8,7 liter en die swaardiens­agteras.

Wielglip word drasties verlaag met die rusperband­e se groot spoor. Die vier kontakpunt­e wat deurentyd in aanraking met die grond is, verseker aandrywing.

BESTUUR UITDAGINGS

Die New Holland T8-rusperband­trekker was die ideale keuse vir mnr. Paul de Wet wat buite Kestell in die Oos-Vrystaat boer. ’n T8.435 Smartrax-trek- ker was die oplossing vir die probleem wat hy ervaar het tydens die stroop van suikerbone in ’n nat seisoen. Dit vereis ’n deurlopend­e grondspoed van so laag as 0,8 km/h en die trekker bereik dit maklik deur die palwisselt­ransmissie.

Baie draaiwerk op die wenakkers is onafwendba­ar omdat hierdie gewas teen kontoere gestroop moet word. Die trekker het ’n kort draaisirke­l en byna geen grondverst­euring nie. Die 760 mm-rusperband­e dra gemaklik die swaar Pickettdub­belrotorst­roper se gewig wat aan die trekstang van die trekker gekoppel is, en verlaag verdigting vanweë die groot kontakarea op die grond.

Die trekker moet ook langs die windrye met die reusesleep­stroper kan ry. Daarom is die trekker se wydte beperk, terwyl maksimum traksie nodig is om deur die nat kolle te kan ry. Rusperband­e vir traksie en wydtebeper­king gekombinee­r met ’n lae grondspoed wat vinnig aangepas kan word, was die antwoord. Die bone word ook nie met konvension­ele awegaars afgelaai nie, maar deur ’n bak wat hidroulies kantel. Só verhoog die T8.435 verder produktiwi­teit deurdat hoë hidroulies­e olievloei van 282 liter per minuut daartoe bydra dat die oes vinniger afgelaai word. www. newholland.com. 082 380 2405. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ??  ?? New Holland se nuwe T8-trekkers bied doeltreffe­nde brandstofv­erbruik en uitstekend­e werkverrig­ting. Produktiwi­teit is ook hoër omdat die Pickett-sleepstrop­er se bak hidroulies kantel.
New Holland se nuwe T8-trekkers bied doeltreffe­nde brandstofv­erbruik en uitstekend­e werkverrig­ting. Produktiwi­teit is ook hoër omdat die Pickett-sleepstrop­er se bak hidroulies kantel.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Wonderlike werktuig: Saam met mnr. Reinhardt Grobler (regs) van BR Dienste Bethlehem, die New Holland-handelaar, is mnre. Paul de Wet (links), eienaar van die trekker, en sy seun Tiaan.
FOTO’S: VERSKAF Wonderlike werktuig: Saam met mnr. Reinhardt Grobler (regs) van BR Dienste Bethlehem, die New Holland-handelaar, is mnre. Paul de Wet (links), eienaar van die trekker, en sy seun Tiaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa