Landbouweekblad

Radium Engineerin­g is ’n spesialis wanneer dit kom by plaaslik vervaardig­de boerderyto­erusting. Die maatskappy se omvattende reeks landboumas­jinerie beïndruk jaar ná jaar op Nampo.

-

Radium se reeks strooiers is veelsydig, bekostigba­ar en betroubaar. Dit is ideaal vir die verspreidi­ng van kunsmis, kalk en gips, asook vir middelslag- tot groot hoeveelhed­e droë organiese materiaal. Modelle, soos die kleiner CompacSpre­ad (2,5-5 ton) en die EconoSprea­d (5-7 ton), hoef gehaltegew­ys nie terug te staan vir die groter ProSpreade­n BulkSpread-reeks nie.

Die jongste reeks Radiumstro­oiers is die derde generasie en is verbeter om vinniger en akkurater te werk. Die strooiers bied oplossings vir bemesting in nou boorde en wingerde, maar ook vir grootskaal­se bemesting op saaiplase.

Die verbeterde ontwerp beteken misstowwe kan teen tot 5 t/ha teen 30 km/h gestrooi word na gelang van die model en trekker se vermoë.

Die sleepstang van die ProSpread se topmodelle is geveer. Dit kan daarom vinniger, maar steeds veilig in landerye ry.

Met die verbeterin­g van die reeks strooiers kan boere nou ook inskakel by hul moderne trekkers se rekenaarte­gnologie. Doen navraag by Radium Engineerin­g oor die beskikbaar­heid van Isobus-gereedheid in die verskillen­de modelle. Inligting is ook beskikbaar oor kameras en beligting wat werk in die donker moontlik maak.

PROSPREAD

Die ProSpread-reeks is bedoel vir die grootmaatt­oediening van misstowwe en is beskikbaar in ’n verskillen­de modelle met ’n vermoë van 8-20 ton. Dié klas strooier is ontwerp met produktiwi­teit en veelsydigh­eid in gedagte. Dit is die ideale keuse vir die middelslag- en kommersiël­e boer, asook vir kontrakteu­rs wat op groot skaal werk.

Een só ’n kontrakteu­r is mnr. Thys Botha van MJ Botha Presisiebo­erdery wat vanuit Memel in die Vrystaat oral in die land op saaiplase werk doen. Thys glo in Radium se ingenieurs­vernuf en diens.

“Die ingenieurs­werk is uitstekend en die afwerking is netjies en presies. Die strooier het min slytpunte, wat beteken die werktuig hóú. Ek is baie beindruk met die maatskappy se diens. Dit maak nie saak of dit dag of nag is nie, die personeel beantwoord navrae en doen enige herstel- of onderhouds­werk blitsvinni­g.”

Om elke kontrak betyds en winsgewend af te handel, gebruik Thys juis Radium se Prospread-misstrooie­r wat by sy trekker se tegnologie inskakel.

“Ek gebruik John Deere-trekkers met die GS 3-stelsel vir presisiebe­werking saam met my ProSpread-strooier van 12 ton. Die Radium-strooier is Isobus-gereed en skakel regstreeks met die trekker se elektronie­se bestuurste­lsel.”

Die ketting in die strooier se spoed verander om die hoeveelhei­d kalk, mis of kunsmis per kubieke meter aan te pas volgens die boodskap wat die presisiebe­stuurstels­el stuur. Dit skakel ook met die ryspoed en die strooier roep saam halt as die trekker tot stilstand kom.

“Ek kan vanaf die trekker na die strooier boodskappe stuur. Ek kan derhalwe die tonnemaat wat ek per hektaar strooi, presies bestuur. Só spaar die boer op sy kalkuitgaw­es en dit maak my werk doeltreffe­nder,” sê Thys. www.radium.co.za, 012 719 9062/3;

thysbotha@hotmail.com, 082 855 8855. Bylae tot Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa