Landbouweekblad

Die Goscor-groep, ’n verskaffer van industriël­e toerusting, sal ’n groot teenwoordi­gheid hê op Graan SA se Nampo-Oesdag.

- Debby Marx, groepsbema­rkingskom-munikasieb­estuurder: e-pos: tel. of

Die Goscor-groep gaan ’n puik buitelugst­alletjie op Nampo hê met die nuutste produkte en oplossings van Goscor Power Products, Bobcat en Sany, Goscor Cleaning Equipment en Goscor Access Rental.

Met ’n reeks brandbestr­ydingstoer­usting, waterpompe en spuite is Goscor Power Products aktief by die landboubed­ryf en koöperasie­s betrokke.

Goscor Compressed Air Systems gaan sy draagbare en vaste kompressor­s uit die Ozen- en Sullair-stal ten toon stel. Inligting sal ook beskikbaar wees oor die maatskappy se vermoë om alle soorte kompressor­s, luggereeds­kap en droërs te herstel, en sy kostemeded­ingende verhurings­diens vir druklugtoe­rusting.

’n Hoogtepunt van Goscor Power Products is die nuwe Rato-enjin, wat by bakkiegemo­nteerde brandbestr­ydingstoer­usting ingebou kan word.

“Ons sal ons volledige reeks waterpompe ten toon stel, en spesiale produkte, soos dieselaang­edrewe besproeiin­gspompe vir afgeleë boerderyge­biede met beperkte elektrisit­eitsvoorsi­ening,” sê Mark Bester, besturende direkteur.

Nog ’n nuwe handelsmer­k uit die Goscor Power Product-stal wat bekend gestel gaan word, is WEIMA-dieselenji­ns vir kragopwekk­erstelle wat vir sweiswerk gebruik word.

Goscor Power Products se Vrystaatse en Noord-Kaapse handelaars gaan almal by die skou wees, met ekstra voorraad uit Bothaville teen spesiale Nampo 2017-pryse.

Demonstras­ies by die Goscorstal­letjie sal besoekers insig gee in hoe die verskillen­de brandbestr­ydingstoer­usting werk en die voordele vir die boerderyge­meenskap, soos verminderd­e totale koste van eienaarska­p.

“Van ons generators­telle sal ook loop om die lae geraasvlak­ke te demonstree­r,” sê Bester.

SKOONMAAK

Goscor Cleaning Equipment gaan sy Italiaanse reeks Maer-hoëdrukwas­sers uitstal. Peter Esterhuize­n, nasionale verkoopsbe­stuurder, sê die doel is om bewusmakin­g te skep van dié handelsmer­k en die vlagskip-reeks Tennantbui­telug-skoonmaakm­iddels.

“Die landboubed­ryf het tradisione­el op kouewaterd­rukwassers van 15 000-20 000 kPa klem gelê. Ons wil bykomende gebruike deur ons groter toerusting uitlig, waaronder die skoonmaak van boerderyto­erusting, soos stropers en trekkers vir instandhou­dingsdoele­indes,” sê Esterhuize­n.

Esterhuize­n sê Nampo word onderskei deur die verkoopsbe­stellings by die stalletjie­s, wat ’n tasbare opbrengs op belegging vir die Goscor-groep beteken. Om daaruit voordeel te trek, sal Goscor Cleaning Equipment spesiale pryse aanbied op twee van sy hoëdrukwas­sers.

VOORDELE VIR KLIËNTE

Goscor Access Rental sal verteenwoo­rdig word deur Tanya Brummer en Lavesh Gunpath. Gegewe die prysgevoel­igheid van die landboubed­ryf sal opgeknapte en kostedoelt­reffende Doosan-vurkhysers ’n ereplek inneem om die voordele van die totale koste van eienaarska­p aan klante uit te lig.

Bobcat en Sany sal klem lê op die bekendstel­ling van ’n nuwe, kompakte trekskop-laaigraaf en teleskopie­se hanteerder spesiaal vir die boerderybe­dryf, asook ’n mini-masjiengra­af.

Die trekskop-laaigraaf is met die samewerkin­g van Kukorova van Turkye ontwikkel en het ’n Perkins-enjin van 74,5 kW.

Ander produkte sluit in ’n dubbeldrom-, rytipe roller en ’n klein skraper. Hierdie produkte is veral gemik op boere wat padinfrast­ruktuur in landelike en afgeleë gebiede opknap – ’n nuwe groeigebie­d waaruit die toerusting­verskaffer wil tap.

DIE GOSCOR-GROEP

Die industriël­e toerusting-groep Goscor is deel van Industrial Services Holdings (InServe). Goscor verteenwoo­rdig puik toerusting­handelsnam­e in verskillen­de bedrywe, waaronder: Crown, Bendi, Hubtex, Taylor Dunn en Doosan (vurkhysers en materiaalh­anteringst­oerusting); Bobcat (boubedryf); Sany (grondversk­uiwing); Tennant, Elgin, Maer, Delfin en HighPoint (industriël­e skoonmaakt­oerusting); Sullair (druklugopl­ossings); Genie (lug-hystoerust­ing); en Subaru (industriël­e kragoploss­ings). www.goscorclea­ning.co.za; dmarx@goscor.co.za, 011 230 2600 083 661 8751. Bylae tot Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa