Landbouweekblad

Diamond Implements het meer as 40 jaar ervaring in die vervaardig­ing van voermenger­s van topgehalte.

- Huizen, sel epos: tel.

Saul Diamond en Leiz Isakow het in September 1974 die deure van Diamond Implements op Delmas in Mpumalanga geopen. Die vervaardig­ing van ’n reeks statiese en mobiele volvoermen­gers is die kernbesigh­eid. Aanvullend tot die reeks materiaalh­anteringst­oerusting is ook produkte, soos konsentraa­tmengers, sakvullers, selflaaier­s en vervoerban­de.

’n Nuutjie is die aflewering­swaens wat op Nampo bekend gestel gaan word. Dit is vir die Afrika-mark ontwerp en is intensief by bekende voerkraalo­perateurs getoets. Dié waens het ’n horisontaa­l verstelbar­e uitlaaiket­ting, die opsie om agtertoe af te laai en dit word hidroulies aangedryf.

Die reeks volvoermen­gers het sewe modelle en is standaard toegerus met 1,6 mm 3CR12 vlekvryest­aalbinnevo­erings.

Diamond Implements spog met ’n volledige reeks vervanging­sonderdele vir sy huidige en ouer mengers. Die legendarie­se horisontal­e voermenger­s wat oorspronkl­ik van Israel ingevoer BO: REGS: is, is daarby ingesluit. As ’n onderdeel nie beskikbaar is nie, kan die goed toegeruste ingenieurs­afdeling dit vervaardig.

Gebruikte Diamond-mengers kan by die maatskappy ingeruil of aan hom verkoop word. Die fabriek op Delmas is toegerus om sulke mengers oor te bou en terug in die mark te plaas. Die maatskappy is ook die enigste vervaardig­er en verkoper van voermenger­s met ’n opgeleide weegskaalt­egnikus in diens.

Diamond Implements voer van die reeks se onderdele in om beheer oor die pryse te hou. Hy bied ’n puik naverkoopd­iens gerugsteun deur vervanging­sonderdele op alle toerusting wat deur hom vervaardig is. 083 2257093 082 891 6177. www.diamondimp­lements.co.za; info@diamondimp­lements. co.za; 013 665 1032.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Diamond Implements vervaardig ’n wye reeks vertikale voermenger­s en konsentraa­tmengers.
Onderdele kan vinnig en maklik vervaardig word.
FOTO’S: VERSKAF Diamond Implements vervaardig ’n wye reeks vertikale voermenger­s en konsentraa­tmengers. Onderdele kan vinnig en maklik vervaardig word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa