Landbouweekblad

Ná ’n opwindende ontwikkeli­ngsproses en goeie verkope sedert die Monosem QUAD-MAX beskikbaar is, het dié veelsydige planter ’n blink toekoms.

-

Met die QUAD-MAX het Monotec ’n raamkonstr­uksie bekend gestel wat in konfiguras­ies van tot 18 m beskikbaar is, maar ook vir nouer rywydtes van onder 56 cm geskik sal wees.

In nouer rywydtes kan die QUAD-MAX werk sonder dat die drawiele ’n beperking is deurdat hulle voor en agter die karretjies gemonteer is.

Wye konfiguras­ies sal bestaan uit drie individuel­e plantersek­sies wat permanent aanmekaar verbind bly. Hulle word vir padvervoer nooit op- of vorentoe gevou nie, maar word lengtegewy­s met ’n aparte disselboom, wat aan die sykant sit, van land tot land gesleep.

Die QUAD-MAX het enorm groot kunsmisbak­ke waar die uitdraaier­s ook by die wye konfiguras­ies bo elke ry gemonteer is. In vergelykin­g met ’n sentrale lugdrukver­spreidings­telsel sal boere dieselfde kort staantyd vir volmaak hê sonder bekommerni­sse oor horisontal­e kunsmispyp­e wat verstop raak, of wisseling in lugdruk wat verspreidi­ng beïnvloed.

ALMAL WIL DIT HÊ

Ná goeie verkope in net een seisoen het ’n groot aantal navrae gewys dat die QUAD-MAX se raamkonstr­uksie veel wyer in aanvraag is as die mark waarop dit aanvanklik toegespits was.

Derhalwe is die QUAD-MAX van vanjaar as ’n A- en ’n Bmodel beskikbaar.

DIE A-MODEL

Vir boere wat soja of mielies in nou rywydtes van 56 cm of nouer plant, is die A-model geskik. Hierdie model is beskikbaar as ’n geenbewerk­ingwerktui­g van tot 15 m wyd.

Dit het groot, gekombinee­rde kunsmis- en-saadbakke wat tussen volumeverh­oudings kan omskakel en boere baie volmaaktyd sal bespaar.

DIE B-MODEL

Boere wat rye van 76 cm, 91 cm en selfs wyer plant, kan nou die B-model bestel met ’n wydte van tot 24 rye.

Soos die A-model vou dit nie op- of vorentoe om vervoer te word nie.

Die QUAD-MAX B sal goed werk vir die boer wat konvension­eel mielies plant en in bewerkte lande of los grond sou sukkel met ’n swaar opvouraamk­onstruksie wat wegsak.

By die B-model sit elke saadbak afsonderli­k op elke karretjie en die kunsmisbak­ke is groot, maar net vir kunsmis. Dié model is ook met ’n vloeibare kunsmisste­lsel beskikbaar.

Albei alternatie­we is tans by Monotec beskikbaar met verskeie opsies, soos ryskoonmak­ers, druk- en toetrapwie­lvariasies, gifspuitto­estelle en die hidroulies of elektries veranderli­ke toediening van kunsmis en saad.

NAMPO

Monotec stal vanjaar die QUAD-MAX op die NampoOesda­g uit en sien uit daarna om te hoor van boere se ervarings, probleme en oplossings om te verseker dat Monosempla­nters aan die voorpunt van vernuwing bly. co.za; info@monotec. 021 865 2048. Bylae tot Landbouwee­kblad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa