Landbouweekblad

Is jy op soek na toerusting wat plaaswerk, instandhou­ding en grondversk­uiwing makliker maak? Besoek dan HPE Africa se uitstallin­g op die Nampo-Oesdag.

-

Die reeks betroubare toerusting in High Power Equipment Africa (HPE Africa) se katalogus sluit Hyundai Constructi­on Equipment se wêreldklas­werktuie in.

Dié internasio­naal bekende handelsmer­k se gevorderde tegnologie is in al sy grondversk­uiwingen konstruksi­etoerustin­g ingebou. Operateurs­gerief en kontroles waarmee presisiewe­rk maklik en lang werksure gerieflik is, dra by tot die waarde van dié swaardiens­toerusting.

Danksy die uitgebreid­e verspreidi­ngsnetwerk van takke en geakkredit­eerde handelaars is verkope en tegniese ondersteun­ing landwyd beskikbaar. Danksy ’n omvattende onderdelep­akhuis met genoeg voorraad is aankope vir onderhoud en herstelwer­k ’n plesier.

Tyd is geld en om jou en jou span weer vinnig aan die werk te kry, lewer HPE Africa se ervare tegniese span ongeëwenaa­rde naverkoopd­iens.

VERSKEIE MASJIENE

LINKS BO: REGS BO: volledige reeks graafmasji­ene, laaigrawe en sleepstuur­laaiers. Hierdie toerusting is ontwerp om op enige soort terrein te kan werk en die taak doeltreffe­nd af te handel.

Die goeie nuus vir HPE Africa se kliënte is dat Hyundai Constructi­on Equipment se reeks betroubare werktuie eksklusief by HPE Africa beskikbaar is. Dit sluit die robuuste H940slaaig­raaf-nutswerktu­ig in. Die werktuig is toegerus met ’n diesel-Perkins-enjin (4,4 liter) wat 74 kW lewer.

Die enjins voldoen aan die Europese Vlak 3-vereistes, wat beteken dit is nie net brandstofd­oeltreffen­d nie, maar besoedel ook die lug minder. Die voorste laaigraaf kan vergroot word van 800 liter tot 1 000 liter, terwyl die agterste graaf van 170 liter tot 200 liter vergroot kan word.

Vir veelsydigh­eid hoef jy nie verder as die splinternu­we Hyundai HSL650-7en HSL850-7-sleepstuur­laaiers te soek nie. Die reeks 7-sleepstuur­laaiers is ontwerp met oorgenoeg krag vir maklike laaiwerk en uitstekend­e brandstofv­erbruik. Die HSL650-7 het die Kubota V2203M-enjin wat 32,5 kW lewer. Die HSL850-7 het die Kubota V3300DI-enjin wat 50 kW lewer. Die 7-reeks is doeltreffe­nde werktuie wat ontwerp is om verskillen­de take af te handel.

TOEBEHORE

Om te verseker dat sy kliënte uit die grootste verskeiden­heid grondversk­uiwingstoe­rusting kan kies, het HPE Africa sy aanbod van Hyundai-werktuie aangevul met Soosan Heavy Industries se reeks toebehore vir grondversk­uiwingsmas­jienerie. Soosan is ’n gevestigde maatskappy bekend om sy hidroulies­e klipbreker­s, vragmotor-gemonteerd­e hyskrane en kruipbore. HPE Africa voer Soosan-produkte van SuidKorea af in en bied dus ’n reeks toebehore om saam met die Hyundai-reeks te gebruik.

Die grootste oorweging in die besluit om toerusting aan te koop, lê in die beskikbaar­heid van onderdele en naverkoopd­iens. HPE Africa is trots daarop dat hy die regte onderdele betyds kan lewer.

Die maatskappy se tegnici en onderdele-afdeling verskaf uitstekend­e naverkoopd­iens, wat beteken die werktuie staan nie onnodig lank nie.

HPE Africa is oor Suid-Afrika heen verteenwoo­rdig. Sy hoofkantoo­r is in Jet Park, Johannesbu­rg, en hy het takke in Durban, Oos-Londen en die Wes-Kaap.

NAMPO

HPE Africa gaan verskeie produkte op Nampo uitstal, onder meer sy reeks graafmasji­ene, (toegerus met rusperband­e of wiele), laaigraaf-nutswerkst­uie, sleepstuur­laaiers en kleiner graafmasji­ene.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Hyundai H940s-laaigraaf verrig algemene plaaswerk. Die werktuig is eksklusief beskikbaar by HPE Africa.
Die Hyundai-sleepstuur­laaiers is kompak gebou, maar het genoeg krag onder die kap om hard te werk. Die HSL850-7 het ’n Kubota V3300DI-enjin wat...
FOTO’S: VERSKAF Die Hyundai H940s-laaigraaf verrig algemene plaaswerk. Die werktuig is eksklusief beskikbaar by HPE Africa. Die Hyundai-sleepstuur­laaiers is kompak gebou, maar het genoeg krag onder die kap om hard te werk. Die HSL850-7 het ’n Kubota V3300DI-enjin wat...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa