Landbouweekblad

Equalizer is Trots Suid-Afrikaans. Die maatskappy is toegespits op die vervaardig­ing van saai- en planttoeru­sting.

-

Equalizer-planters se suksesverh­aal het 17 jaar gelede begin. Sedertdien vorm vernuwende ontwerpe, gehalte-vervaardig­ing, tevrede kliënte en volgehoue naverkoopd­iens die grondslag van dié ondernemin­g. Equalizer se gewilde toerusting sal ook op Nampo te sien wees.

RYGEWASSE

Equalizer druk al van 2004 af sy stempel af op die mark vir somergraan­gewasse met die reeks wyespan-planterram­e wat in 10-32 rye kan werk.

Die wyespan-planterraa­m is standaard toegerus met Equalizer se Presisie C-planteenhe­de wat ideaal is vir konvension­ele bewerkings­praktyke.

Equalizer het in 2011 ’n opskudding veroorsaak met die bekendstel­ling van die reeks Presisie SL-planters. Die vraag na dié enkelbewer­kingsplant­er het die afgelope ses jaar dermate toegeneem dat dit sonder twyfel die planter vir die toekoms is. Met ’n kapasiteit van tot 20 planteenhe­de kan die boer skaalvoord­ele benut. Veeldoelig­heid is die kern van hierdie eenheid se sukses.

Die SL-planter van Equalizer is standaard toegerus met ’n veerbelaai­de voorsnykou­ter voor op die balk. As daar baie materiaal is, kan die SL-eenheid met ’n bykomende stel ryskoonmak­ers gemonteer word.

Die geïntegree­rde ontwerp

KAAPSE WORTELS

Equalizer se fabriek is in Brackenfel­l in Kaapstad se noordelike stadsgebie­de geleë en beslaan ongeveer 9 300 m2. Die maatskappy het 140 mense in diens. 1 2 3 van die tand/skottel-en-planteenhe­id verseker dat die kunsmis op die ideale diepte geplaas word. Die wegbreekkr­ag op die tand en die afwaartse druk op die plantereen­heid word met ’n hidroulies­e silinder beheer.

Equalizer se presisiepl­anters is standaard toegerus met Precision Planting vSet2-uitmeters. Boere kan kies tussen elektriese aandrywing of grondaandr­ywing vir saadverspr­eiding. Precision Planting se ander produkte, soos hidroulies­e drukbeheer (DeltaForce) en SpeedTubes, is ook beskikbaar.

DEKGEWASSE EN SOJABONE

Equalizer bied skyf- en tandsaaier­s vir die verbouing van wintergraa­ngewasse (kleingraan­gewasse) of dekgewasse. Die tandsaaier, beter bekend as koringplan­ters, wat hoofsaakli­k in die Wes-Kaap diens doen en waar Equalizer die markleier is, is geskoei op ’n tandeenhei­d wat as ’n enkelbewer­kingswerkt­uig geklassifi­seer word.

Die stelsel word met reusesukse­s in die Wes-Kaap gebruik, veral in kombinasie met vooropkoms­onkruiddod­ers.

Die sojaboonpl­anters word suksesvol in veral die Hoëveld gebruik om sojabone te plant. Hierdie stelsel is gewild danksy die eenvoud gekombinee­r met ongeëwenaa­rde produktiwi­teit.

Equalizer se geenbewerk­ingskyfsaa­ier is die nuutste model in die reeks en wen vinnig veld as ’n gunsteling vir die plant van dekgewasse. Dié model het reeds drie seisoene lank toetse en verbeterin­ge ondergaan en boere behaal groot sukses met die plant van dekgewasse. 021 981 2161. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa