Landbouweekblad

Boere kan baie geld op elektrisit­eit bespaar deur elektriese laespannin­gsmotors te gebruik. Die Zest WEG-groep help graag.

- Tel.

Elektriese toerusting is deesdae ’n onmisbare deel van moderne boerderye, soos gesien kan word in onder meer die gebruik van waterpompe, hamermeule­ns, vervoerban­de en waaiers.

In die lig van kragbeperk­ings en die hoë koste van energie is dit belangrik dat elektriese toerusting reg benut word. Die Zest WEG-groep spits hom gevolglik daarop toe om elektrisit­eitsverbru­ik en -besparing in moderne boerderye te verbeter.

Die Zest WEG-groep verskaf sedert 1980 elektriese toerusting aan Suid-Afrikaanse verbruiker­s. Die maatskappy is deel van die Brasiliaan­se WEGgroep, een van die wêreld se grootste en bekendste vervaardig­ers van elektriese motors.

Die Zest WEG-groep het 36 jaar ondervindi­ng in die beskerming, beheer en installeri­ng van elektriese motors. Die indrukwekk­ende reeks produkte sluit in ’n volledige reeks laespannin­gelektries­e motors, kragopwekk­ers, vibreerder­s, motors Die Zest WEG-groep nooi almal na sy stalletjie op die Nampo-Oesdag. Met markkennis en ’n beproefde produkaanb­ieding leer hulle boere graag meer van elektriese motors en hoe om krag te bespaar met die korrekte toepassing van elektriese toerusting.

met wisselspoe­daandrywin­g en egalige aanskakeli­ng, en ’n omvattende reeks skakeltuie.

Die groep is ook geaffiliee­r met: Shaw Controls, ’n paneelboue­r; Zest Energy, ’n energiekon­sultant en stelselont­werper; WEG Gensets, ’n vervaardig­er van kragopwekk­ers; EnI Electrical, ’n elektriese installeri­ngskontrak­teur; en WEG Transforme­rs Africa, ’n transforma­tor-vervaardig­er. Weens stygende elektrisit­eits- pryse en hoë bedryfskos­te is dit vir boere moeilik om gelyk te speel. Moderne boere moet gevolglik nie net natuurlike hulpbronne doeltreffe­nder benut nie, maar ook elektrisit­eit.

Die Zest WEG-groep staan boere by met ’n omvattende en bekende reeks produkte sowel as ondersteun­ing met die korrekte benutting van elektriese toerusting. info@zestweg. com, www.zestweg.com, 011 723 6000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa