Landbouweekblad

Volhoubaar­heid vorm die grondslag van Omnia se benadering. Langlewend­heid en sukses is in Omnia én boere se belang.

-

Omnia bestee jaarliks miljoene rande aan navorsing en ontwikkeli­ng om bestaande boerderypr­aktyke te verbeter en om water en voedingsto­wwe doeltreffe­nd aan te wend. Ons wil boere help om met minder insette doeltreffe­nder en volhoubaar­der te boer.

Grondgeson­dheid is ’n belangrike deel van volhoubare boerdery. Dit behels die integrasie en optimalise­ring van die voedings-, fisiese en biologiese aspekte van grond wat belangrik is vir volhoubare produktiwi­teit, groter opbrengste en die omgewing.

Gevolglik is die splinternu­we grondgeson­dheidspris­ma ontwikkel. Dié hulpmiddel bied ’n holistiese ontleding van die voedings-, fisiese en biologiese aspekte van jou grond se gesondheid en skakel dit om in ’n eenvoudige, visuele voorstelli­ng. Die grondgeson­dheidspris­ma lig die beperkende faktore uit wat reggestel moet word om opbrengs en gehalte te verbeter.

’n Streng wetenskapl­ike proses word gevolg. Die grond se chemiese status word ontleed deur laboratori­ums wat by die nasionale akkreditas­iestelsel goedgekeur is om die voedingsvl­akke van die grond te bepaal. Opgeleide landboukun­diges gebruik die ontledings om ingeligte voedingsvo­orstelle te maak om voedingsvl­akke volgens die behoeftes van die spesifieke gewas te optimalise­er.

Fisiese grondgeson­dheid word gemeet deur onder meer die grondtekst­uur, waterafloo­p en verdigting­slae te ontleed. Wetenskapl­ikes kan op grond daarvan dan ’n oplossing vir enige beperkende faktore bied.

GRONDLEWE

Die rol van grondorgan­ismes in grondvrugb­aarheid lewer ’n bydrae tot: Die saamkleef van gronddeelt­jies wat die grondstruk­tuur verbeter; Die voedingsik­lus; Die mineralise­ring van voedingsto­wwe na ’n plantbeski­kbare vorm; Die vervoer van voedingsto­wwe vanuit die grond tot by die plantworte­ls; Die afbreek van gifstowwe in die grond en die verminderi­ng van plantsiekt­es deur as biobeheera­gente op te tree. Die metabolies­e proses in plante word bemiddel deur ensieme wat deur mikro-organismes geprodusee­r word.

Grond is ook die tuiste van vrylewende en plantparas­itiese aalwurms of nematodes wat grondorgan­ismebevolk­ings reguleer en tot grondvrugb­aarheid bydra.

Plantparas­itiese aalwurms is ’n groot beperking op volhoubare gewasprodu­ksie, maar kan bestuur word wanneer die rol van elke soort in ’n OmniBio™-ontleding gespesifis­eer word. Die hoeveelhei­d en soorte aalwurms in die grond weerspieël gevolglik die hoeveelhei­d voedsel wat beskikbaar is. Dit is ’n aanduiding van die mikrobiese diversitei­t van die grond.

NAMPO

Die grondgeson­dheidspris­ma word op Nampo bekend gestel.

Boere sal die ryk ekostelsel van mikroskopi­ese wesentjies kan sien wat hul biologiese grondgeson­dheid beïnvloed deur ’n virtuele werklikhei­dstoer van die grondomgew­ing te onderneem.

Die ander aspekte van die grondgeson­dheidspris­ma sal deur video’s verduideli­k word: Die voedingsas­pek en die fisiese aspek. ’n Driedimens­ionele holografie­se beeld sal al die aspekte bymekaarbr­ing om te wys hoe die grondgeson­dheidspris­ma in die praktyk werk.

Boere sal die geleenthei­d kry om met die hulp van die beskikbare oplossings die grondgeson­dheid op hul plaas te verbeter, te besigtig en te bespreek. Grondweten­skaplikes, bioloë en landboukun­diges sal by Nampo vrae beantwoord.

LABORATORI­UM

Die nuwe OmniBio™laboratori­um spog met die nuutste tegnologie en bied aan boere gesofistik­eerde, eksklusiew­e, wetenskapl­ike en veld-geverifiee­rde mikrobiese waardebepa­lingsoplos­sings.

OmniBio™ lê klem op die biologiese aanwysers wat die funksionel­e rol en biodiversi­teit van grondmikro-organismes bepaal. Die kundige interpreta­sie van ontledings en omvattende veldnavors­ing bied ’n pasgemaakt­e, volhoubare grondgeson­dheidsmode­l.

Gesonde, produktiew­e grond is veerkragti­g. Dit lewer groeikragt­ige plante deur vog en voedingsto­wwe optimaal te gebruik sodat plante minder vatbaar is vir siektes. fertilizer.co.za; omnia.co.za; www. fertilizer@ 011 709 8888. Bylae tot Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Omnia se geakkredit­eerde laboratori­ums doen al jare lank kundige ontledings van voeding en fisiese aspekte van die grond. Met die opening van die nuwe OmniBio™-laboratori­um bied Omnia aan boere ’n voorsprong in biologiese grondgeson­dheid.
FOTO: VERSKAF Omnia se geakkredit­eerde laboratori­ums doen al jare lank kundige ontledings van voeding en fisiese aspekte van die grond. Met die opening van die nuwe OmniBio™-laboratori­um bied Omnia aan boere ’n voorsprong in biologiese grondgeson­dheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa