Landbouweekblad

Boere is verantwoor­delik vir die produksie van voedsel en vesel vir miljarde mense. Monsanto wil deel wees van die oplossing.

-

Die huidige bevolkings­groei en die vraag na diereprote­ïen noodsaak die landboubed­ryf om na oplossings te kyk om op ’n verantwoor­delike en volhoubare manier in die vraag na voedsel en vesel te voorsien.

Monsanto glo die gebruik van moderne tegnologie kan ’n groot rol speel daarin om hier die probleme te bowe te kom, maar ook om risiko’s te bestuur wat oor boere se pad kom.

“Ons soek na geïntegree­rde oplossings om boere te ondersteun. Ons navorsing lê klem op die verbeterin­g van boere se produktiwi­teit, ongeag die grootte van hul ondernemin­g en die manier waarop hulle verkies om te boer,” sê me. Magda du Toit, bestuurder van korporatie we skakeling en kommunikas­ie van Monsanto SuidAfrika.

“Monsanto is baie trots op die nuwe DEKALBprod­ukte wat vanjaar beskikbaar geword het. Besoekers wat die saadplotte op Nampo besoek, kan meer oor dié nuwe basters uitvind.” Die produkte is: Geel mieliebast­ers: DKC7420, DKC7424B, DKC7426R, DKC7474BR, DKC7142, DKC7144B, DKC 6850, DKC6854B, DKC6856R, DKC6858BR, DKC6552BR en DKC6454BR. Wit mieliebast­ers: DKC7661B, DKC7667BR, DKC7565BR en DKC6353. Dié kultivars het die volgende uitstaande kenmerke: Nuwe teelmateri­aal met ’n goeie opbrengspo­tensiaal; Aanpasbaar­heid; Stabiele prestasie in verskillen­de toestande; Vinnige afdroging; Goeie graangehal­te; ’n Goeie pakket van siekteverd­raagsaamhe­id; en ’n Goeie staanvermo­ë. Goeie onkruidbes­tryding is ’n belangrike pilaar waarop volhoubare gewasprodu­ksie rus.

Gesels met Monsanto se tegniese personeel oor jou plaas se onkruidbes­trydingspr­ogram. Vra kenners om jou te help om die oorsaak van die probleem te bepaal wanneer onkruide taai is en weerstand vermoed word.

Wees ook op die uitkyk vir die DEKALBverv­oerwaentji­e wat jou kan help om meer besoeke in te pas op die Nampoterre­in.

Monsanto is ook ’n trotse borg van die Nasie in Gesprekpro­gram wat op Nampo opgeneem word met die samewerkin­g van Landbouwee­kblad. 011 790 8200, www.monsantoaf­rica.com

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF/ MONSANTO ?? Monsanto se navorsing lê klem op die verbeterin­g van boere se produktiwi­teit.
FOTO: VERSKAF/ MONSANTO Monsanto se navorsing lê klem op die verbeterin­g van boere se produktiwi­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa