Landbouweekblad

Rau Easy Farming se immobilise­erder laat boere toe om met diere te werk sonder dat die diere pyn, ongemak of spanning beleef.

- E-pos: webwerf:

Behandel jou plaasdiere met behulp van Rau Easy Farming se immobilise­erder. Dit maak hulle rustiger as enige ander metode, het navorsing van prof. Stephen Webb en sy kollegas van die McNeesesta­atsunivers­iteit in Amerika getoon. Die toestel veroorsaak nie pyn, ongemak of spanning nie.

Menige beesboer en veearts kan getuig dat dié immobilise­erder vinnig en maklik werk. Die boer hoef geen klampies voor of agter aan die dier te sit wat boonop op kritieke tye kan afglip nie. Rau Easy Farming se immobilise­erder werk met ’n staaf wat onder die stert in gedruk word. Met die draai van ’n knoppie stel die boer die immobilise­er in werking en dan kan die dier maklik gebrandmer­k, geknip of behandel word.

Met die toestel kan die hanteerder selfs die mees halsstarri­ge en weerbarsti­ge veldbees met deernis hanteer. Die boer werk sonder die vrees vir beserings en sonder om duur veemiddels op die grond te laat beland omdat die dier tydens toediening bly rondspring. Strelende impulse hou die dier sagkens in bedwang sodat die werk doeltreffe­nd gedoen kan word.

Rau Easy Farming se immobilise­erder is ook heeltemal veilig en geskik vir gebruik by jong en dragtige diere. Boere en veeartse, plaaslik en oorsee, gebruik dit ook vir die immobilise­ring van perde, skape, bokke en wild.

Die immobilise­erder kan tien uur aanmekaar werk voordat die battery herlaai moet word.

Dit bestaan uit ’n beheerkass­ie, ’n immobilise­erstif, ’n herlaaikoo­rd en ’n eenvoudige handleidin­g. Dit is alles netjies en kompak in ’n drasakkie.

Die hele toestel, met uitsonderi­ng van die battery, is vir twaalf maande gewaarborg. 082 959 5759 082 550 8663; raueasy@telkomsa.net; www.raueasy.com.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Rau Easy Farming bied ’n immobilise­erder wat dit vir boere makliker maak om hul beeste te behandel of te brandmerk.
FOTO’S: VERSKAF Rau Easy Farming bied ’n immobilise­erder wat dit vir boere makliker maak om hul beeste te behandel of te brandmerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa