Die tempo waarteen die sonkragmark groei, veral in die landboubedryf, is ’n duidelike teken van al die voordele van sonkrag.
Mense wonder gereeld of sonkragstelsels werklik so lewensvatbaar en finansieel voordelig is as wat dit bemark word. Die publiek wil ook weet hoe groot die invloed van regulatoriese tekortkominge werklik is en hoe dit oorkom kan word.
Die regulatoriese landskap is ietwat onseker. Die Wet op die Regulering van Elektrisiteit (Wet 4 van 2006) is op die punt om gewysig te word wat betref die verkryging van lisensies vir alle stelsels groter as 1 MVA.
“Die afwesigheid van regulasies is meer beperkend as beperkende regulasies,” sê mnr. DeVilliers Botha, bedryfshoof van Solareff en ’n lid van die SANS10142-3-werkgroep.
“Verbruikers moet hul verskaffers noukeurig kies om seker te maak selfs toekomstige regulasies word nagekom.”
Baie stelsels word opgerig deur mense wat nie bevoeg is of behoorlike opleiding in gelykstroom-elektrisiteit het nie. Gevolglik is ’n instelling,
Bylae tot Landbouweekblad HEEL BO: BO: soos The South African Photovoltaic Industry Association (SAPVIA), besig om ’n “Solar PV-groenkaart” in te stel wat verbruikers, munisipaliteite, banke en versekeraars gemoedsrus sal gee dat hul stelsels van ’n goeie gehalte en regmatig gebruik word is. Besoek
nog inligting. Meestal is dit ’n eenvoudiger proses om toestemming te kry om aan munisipale netwerke te koppel as aan Eskom-netwerke. Verbruikers moet seker wees hul diensverskaffer kry toestemming van die netwerkverskaffers. Sonder daardie toestemming loop die verbruiker die risiko dat sy elektriese aansluiting afgeskakel kan word. co.za; info@solareff. 011 675 1114.