Landbouweekblad

Kostedoelt­reffendhei­d en duursaamhe­id is die grondslag waarop GSI Africa sy silo’s in Suid-Afrika en die res van Afrika oprig.

-

Die GSI-groep is die grootste vervaardig­er van graanopber­gingstelse­ls ter wêreld met ’n teenwoordi­gheid in meer as 100 lande. GSI Africa, met sy hoofkantoo­r in Johannesbu­rg, is die voorste verskaffer van graanhante­ringstoeru­sting in Suid-Afrika, met ’n markaandee­l van meer as 60%. Dié maatskappy het sy eie pakhuis en kan dus vinnig bestelling­s afhandel en onderdele verskaf.

Die maatskappy is die afgelope 20 jaar betrokke by die installeri­ng van graanopber­gingsgerie­we in ander Afrikaland­e, soos Kenia, Zambië, Tanzanië, Uganda, Rwanda, Burundi, Mosambiek, Angola, Zimbabwe, Botswana en Namibië.

Elke kliënt se unieke boerderyom­standighed­e word in ag geneem om oplossings te vind vir die opberging, hantering, droging en kondisione­ring van graanprodu­kte. Die stelsels kan saam met jou plaas groei en mettertyd vergroot word om by te hou met hoër vlakke van graanprodu­ksie en groter oeste.

Die kommersiël­e stelsels sluit in die 40-reeks graansilo’s, kommersiël­e hoppertenk­s en silovloere. Wat plaasstels­els betref, bied GSI Africa graansilo’s, grootmaatv­oertenks vir opberging op die plaas, graanhoppe­rtenks en silovloere wat by die plaas se vereistes aangepas is.

Die opbergings­kapasiteit wissel van 2,5 ton tot 29 000 ton.

GSI Africa het toerusting vir die droging en kondisione­ring van graan, soos waaiers, verwarmers, draagbare graandroër­s, toringdroë­rs en bodroogste­lsels. Die installeri­ng en instandhou­ding is maklik.

Danksy drogingste­lsels kan boere vroeër stroop teen ’n graanvogin­houd van tot 28%.

Doeltreffe­nde hanterings­oplossings sluit in bakkieshys­ers, kettingver­voerstelse­ls, vervoerban­de, awegare, kettingkri­ngstelsels en lugpompste­lsels. Outomatise­ringstegno­logie wat spesifiek op hoë produktiwi­teit gemik is, is ook beskikbaar.

Gesels ook met GSI Africa oor tegnologie wat 20 ton tot 200 ton graan per uur kan skoonmaak. gsiafrica.co.za; gsiafrica.co.za; www. sale@ 011 794 4455.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Silo’s vir Afrika! GSI Africa is verskaffer van verskeie opsies vir graanopber­ging en graanbestu­ur in Suid-Afrika en die res van Afrika.
FOTO: VERSKAF Silo’s vir Afrika! GSI Africa is verskaffer van verskeie opsies vir graanopber­ging en graanbestu­ur in Suid-Afrika en die res van Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa