Landbouweekblad

Vicro Bulk help die boer om te bepaal wat hy nodig het, en ontwerp toerusting dan na gelang van sy begroting en terrein.

-

Vicro Bulk vervaardig graanhante­ringstoeru­sting en brei ook bestaande aanlegte en silo’s uit. Dié familieond­erneming het ’n tekenkanto­or met ’n meganiese ingenieur, twee tekenaars en CAD/Inventor-ontwerppro­gramme. Toerusting word ontwerp en gebou volgens boere se presiese afmetings.

Vicro Bulk gebruik nie kontrakteu­rs nie. ’n Toegewyde siviele-ingenieurs­pan behartig alle uitgrawing­s, staalbuigw­erk en betonwerk. ’n Span silooprigt­ers en ’n meganiese installasi­espan is verantwoor­delik vir alle toerusting.

Mnr. Johan Cronjé het 1982 voerbuise begin vervaardig en daarna uitgebrei om meer hanterings­toerusting te vervaardig.

Vicro Bulk het in 1994 begin handel dryf vanuit die fabriek in Vereenigin­g. In 2013 het mnr. Casper Cronjé en me. Liezel Cronjé-Du Preez die maatskappy by Johan, hul pa, oorgeneem.

Hulle bou sementsilo’s vir onder meer Afrisam, PPC Cement en Lafarge. Hulle rig ook graansilo’s op vir die grootste silovervaa­rdigers uit Amerika en Europa. Hulle vervaardig onder meer voerbuise, skroefvoer­ders, bakkieshys­ers, sleepketti­ngs, mengers, skoonmaker­s en enige graanhante­ringstoeru­sting.

Al die toerusting word plaaslik vervaardig, en net staal met ’n minimum dikte van 2,5 mm word gebruik.

“Ons kan op enige plek in Suid-Afrika aflewer, oprig en installeer. Kliënte is welkom om ons te besoek,” sê Liezel.

GETUIGSKRI­F

Mnr. Kobie Fourie, besturende direkteur van Môreson-pluimveebo­erdery, sê die gehalte van produkte is uiters belangrik.

“Vicro Bulk se diens is profession­eel, die personeel is vriendelik en kundig, en die produkte is van die hoogste gehalte.” vicrobulk.co.za; 083 285 4409;

vicrobulk.co.za; www. liezel@ 082 566 7001.

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Vicro Bulk is sinoniem met gehalte en goeie diens. Dié maatskappy wil graag in sy kliënte se behoeftes voorsien op ’n manier wat die boer se sak pas.
FOTO: VERSKAF Vicro Bulk is sinoniem met gehalte en goeie diens. Dié maatskappy wil graag in sy kliënte se behoeftes voorsien op ’n manier wat die boer se sak pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa