Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

LEWENSVERL­IES

Drie Vrystaatse plaasbewon­ers is op 20 April in twee aparte voorvalle in die grensgebie­d met Lesotho vermoor – die eerste plaasmoord­e vanjaar in dié provinsie. Die verdagtes is nog op vrye voet. Mnr. Henk Vermeulen, uitvoerend­e hoof van Vrystaat Landbou, benadruk dat boere, hul gesinne en werkers moet inskakel by plaaslike veiligheid­stelsels en gereelde kontak met hul bure behou. Hy doen ook ’n beroep op plaasbewon­ers om paraat te wees en te let op verdagte mense in hul omgewing sodat hulle hul bure, plaaswagte en veiligheid­sgroepe in kennis kan stel. Lees meer op bl. 22.

SKANSGELDE

Die Agri Securitas-trustfonds het onlangs kamerastel­sels vir die Hartbeesfo­ntein-landbouver­eniging in Noordwes en die Buffelshoe­k-landbouver­eniging in die Oos-Kaap geborg wat vir monitering, die insamel van inligting en as afskrikmid­dels gebruik sal word. Die fonds het ook geld beskikbaar gestel vir Frankfort Landbou en die Marquard Distriksla­ndbou-unie in die Vrystaat vir die koop van veiligheid­stoerustin­g en die oprig van radioverst­erkers wat die plaaswag binne die Landelike Beveiligin­gstrategie sal gebruik. Vrystaat Landbou se Veiligheid­slessenaar het geld ontvang vir ’n databasis wat sal help bepaal of voornemend­e werksoeker­s ’n misdaadrek­ord het.

NUWE SKOU, OU SKOU

Landbou kraai koning op die nuwe Mpumalanga-buitelewes­kou wat van 31 Augustus tot 3 September vir die eerste keer by die Mbombela-stadion in Nelspruit gehou word. Volgens mnr. Werner Martin, die projekbest­uurder, sal daar naas vee- en landbouwer­ktuiguitst­allings ook klem gelê word op landboubed­rywighede wat eie aan die provinsie is, asook slypskole vir opkomende boere oor finansieri­ng en plaasbestu­ur. Intussen verwag organiseer­ders van die 167ste Royal-skou, van 26 Mei tot 4 Junie in Pietermari­tzburg, strawwe mededingin­g. Mnr. Jonathan Tyler van die skou se veekomitee sê minder diere is ingeskryf omdat veeboere se kontantvlo­ei beperk is, maar hulle verwag boere sal slegs die beste van die goeie diere skou toe bring.

EL NIÑO STEEK VAS

Klimaatmod­elle voorspel steeds dat ’n El Niño-weerpatroo­n in die tweede helfte van die jaar kan ontwikkel. Dié weerpatroo­n word gewoonlik verbind met laer reënval oor Suider-Afrika. Die Amerikaans­e nasionale oseaniese en atmosferie­we administra­sie se mees onlangse klimaatsve­rslag verwag dat normale toestande oor die Stille Oseaan sal heers tot Junie, waarna daar ’n kans van om en by 50% is dat El Niño-toestande van Augustus tot Desember sal heers.

HEKTARE REK

Die Oesskattin­gskomitee voorspel die hoogste mielie-opbrengs per hektaar tot nog toe – 5,53 ton per hektaar. Volgens die derde oesskattin­g, wat op 25 April bekend gemaak is, is die oppervlakt­e onder mielies 2,629 miljoen hektaar, en word ’n kommersiël­e oes van 14,536 miljoen ton verwag. Dit is selfs groter as die vorige skatting. Die komitee verwag 82% van dié oes sal uit die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes kom. Dié oes hou rampspoedi­ge gevolge vir boere se winsgewend­heid in. Lees meer op bl. 14/15.

UITVOER-SLAG

Oos-Kaapse sitruskwek­ers vrees dat die streek ’n daling van tot 50% in die opbrengs van uitvoergeh­alte nawels (Klas 1 en 2) kan hê weens gesplete skille en bome wat hul vrugte afgooi. Fresh Plaza berig Suid-Afrika kan vanjaar tot 5 miljoen minder 15 kg-kartonhoue­rs uitvoer as die aanvanklik­e skatting van 26,3 miljoen kartonhoue­rs. Weens versadigde markte wêreldwyd sukkel appel-uitvoerder­s ook om hul produkte van die hand te sit en die swak ekonomie kelder die mark in Afrika. Teen die 15de week van die uitvoersei­soen is daar vanjaar 10% minder Golden Delicious-appels uitgevoer as verlede jaar, maar Nigerië, wat ’n derde van die Suid-Afrika se Golden-opbrengs koop, het 32% minder ingevoer.

 ?? FOTO’S: ORANGES ONLINE,ALDI ??
FOTO’S: ORANGES ONLINE,ALDI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa