Landbouweekblad

REUSETAAK LÊ VOOR GRONDEIS-KOMMISSIE

- — JOYLENE VAN WYK

NAGENOEG 7 000 onafgehand­elde grondeise moet binne die volgende 14 maande afgehandel word. Operasie Phakisa het dié teiken aan die Kommissie vir die Herstel van Grondregte gestel, en me. Nomfundo Gobodo (foto), hoofgronde­isekommiss­aris, het onlangs aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming uiteengesi­t hoe hulle beplan om dié mikpunt te bereik.

Volgens Gobodo is altesame 6 989 van die nagenoeg 80 000 eise wat ingedien is, nog nie afgehandel nie. Teen einde Desember verlede jaar was 79 212 eise afgehandel. Gobodo het verduideli­k die verskil in die syfers is omdat daar op party eisvorms meer as een stuk grond geëis is.

“Jy kan tien grondregte op een eisvorm hê. Ons het voorheen net die eisvorms getel en nie die grondregte nie.”

Sy het verder verduideli­k dat sommige familieled­e elkeen ’n eis vir ’n spesifieke stuk grond ingestel het en nie as ’n eenheid nie.

HULPBRONNE

Vir die kommissie om die doelwit te bereik, sal hy verskeie administra­tiewe en besigheids­prosesse moet hersien om ou eise te bespoedig. In 2015 het die kommissie aangedui sy navorsings­pan het nie die vermoë om die eise voldoende na te vors nie. Junior personeel van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming sonder navorsings­kundigheid is met die navorsing belas.

Maar nadat die nuwe ronde grondeise – wat in 2014 ingestel is – verlede jaar deur die Grondwetho­f ongeldig verklaar is, kan geld en hulpbronne wat vir nuwe grondeise bewillig was, nou aangewend word vir die ou eise.

Gobodo het gesê deur die afgehandel­de 79 212 eise is 3,3 miljoen hektaar grond aan begunstigd­es oorgedra en R11,63 miljard se vergoeding uitbetaal. As diegene wat vir geldelike vergoeding gevra het, eerder die grond geneem het, sou ’n verdere 2,7 miljoen ha grondregte herstel kon word.

Die koste van die afgehandel­de eise is R36,5 miljard.

AFGEHANDEL?

’n Eis word as afgehandel beskou wanneer die navorsing voltooi is, die geldigheid daarvan bepaal is en die Minister vir Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming dit bekragtig het.

’n Eis word as gefinalise­er beskou wanneer die vergoeding aan die begunstigd­e uitbetaal is of die titelakte van die grond in die naam van die begunstigd­e geregistre­er is. Die kommissie beoog om 1 001 eise in die huidige boekjaar af te handel en wil 724 eise in die huidige boekjaar finaliseer, 832 in die 2018’19boekjaar en 865 in die 2019’20boekjaar.

LANDBOUGRO­ND

Komiteeled­e wou by amptenare weet hoeveel van die 3,3 miljoen hektaar grond wat oorgedra is, is landbougro­nd. Volgens me. Candith MashegoDla­mini, adjunkmini­ster vir landelike ont wikkeling, is dié grond egter nog nie gekategori­seer nie omdat die nasionale grondoudit nog nie afgehandel is nie.

Me. Leona Archary, adjunkdire­kteurgener­aal vir landelike infrastruk­tuurontwik­keling en waarnemend­e direkteurg­eneraal, het gesê die grondoudit rakende private grond het reeds voor die kabinet gedien. Dit is terug na die departemen­t gestuur om verfyn te word en sal hopelik weer voor einde Mei voor die kabinet dien, waarna dit bekend gemaak sal word.

Volgens dié oudit besit die staat sowat 26 miljoen hektaar (22%), en private entiteite 96 miljoen hektaar (78%). Die departemen­t het in dié oudit gesukkel om die rasprofiel van private eienaars te bepaal omdat die aktekantoo­r sedert 1994 nie vir ras voorsienin­g maak nie.

‘Ons het voorheen net die eisvorms getel en nie die grondregte nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa