Landbouweekblad

ONTDUIK REGERING DIE HERVORM-TAMELETJIE?

- — NICO VAN BURICK

DIE Regering besef dalk as hy te veel afbrekend inmeng met SuidAfrika se oorwegend wit kommersiël­e landbousek­tor, dit vernietige­nde gevolge vir voedselsek­erheid inhou, sê die politieke ontleder dr. John KaneBerman.

Hy het in ’n praatjie in Sandton oor die huidige stand van SuidAfrika gesê die belangrikh­eid van voedselsek­erheid hou die Regering aan bande. Dit sal waarskynli­k voorkom dat hy die ergste van sy dreigement­e oor grondhervo­rming uitvoer.

“Ek mag naïef wees, maar die voortduren­de verskuiwin­g van doelpale en spertye vir grondeise kan gedeelteli­k daarop gemik wees om dit onbepaald uit te stel – wat nie noodwendig goed is nie. Mense word mislei deur die verwagting­e wat geskep word. Hulle word ook mislei omdat grond nie van wit na swart mense oorgedra word nie. Die grond gaan na die staat en dit is net bedekte nasionalis­ering.”

Hy sê mense durf egter nie ophou om te veg, te organiseer

en hulle uit te spreek teen die bedreiging van eiendomsre­gte nie. Volgens KaneBerman bewys 15 jaar se meningsopn­ames van die Instituut vir Rasseverho­udinge, waarvan hy voorheen hoof was, dat die meerderhei­d SuidAfrika­ners van alle rasse meer bekommerd is oor werklooshe­id en misdaad as ras en grondhervo­rming.

Hy glo pres. Jacob Zuma hou ’n groot bedreiging in omdat ’n mens kan aanvaar dat hy, ná hy reeds beheer van die staat se veiligheid­sagentskap­pe en die vervolging­sgesag oorgeneem het, ook beheer sal wil neem van die Onafhankli­ke Verkiesing­skom missie, die Regterlike Dienskommi­ssie en die Grondwetho­f.

“’n Mens kan ook aanneem dat hy dalk nie stilstil sal gaan nie, al word hy uitgestem. Om van hom ontslae te raak is noodsaakli­k, maar dis nie voldoende om die agteruitga­ng te stuit en om te keer nie.” Hy sê ná Zuma wag daar vier struikelbl­okke: Om die vryemarkst­elsel te behou en te bewaar, om toenemende rassepolar­isering te stuit, om weg te doen met “bemagtigin­g” wat net die staat verryk en om demokratie­se regte te beskerm.

KaneBerman se memoire, Between Two Fires: Holding the Liberal Centre in South African Politics, oor sy lewe as politieke ontleder en kommentato­r, is op die geleenthei­d bekend gestel.

‘Die grond gaan na die staat en dit is net bedekte nasionalis­ering.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa