Landbouweekblad

MINISTER SOEK SAAM NA NUWE MIELIE-MARKTE

- NICO VAN BURICK

INDONESIË is ’n nuwe moontlike uitvoermar­k vir mielies waarna verkopers kyk in die lig van ’n geraamde 2,7 miljoen ton mielies wat in die nuwe bemarkings­jaar, wat op 1 Mei begin het, uitgevoer sal moet word.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoofbestuu­rder van Graan SA, sê Suid-Afrika se groot markte in die verlede was Japan, Suid-Korea en Taiwan – as daar surplusse was.

“Ons sal weer poog om daar in te kom en ek glo sodra die prys reg is, sal die uitvloei begin. Ek weet van sowat drie skeepsvrag­te wat al verkoop is. Mielieboer­e se heil lê in die ontwikkeli­ng van nuwe markte, byvoorbeel­d vir hoender in Suid-Afrika en uitvoer na die Ooste.”

Hy sê oor die moontlikhe­id van uitvoer na die Midde-Ooste lyk dit of wetgewing van en permitte vir geneties gemodifise­erde (GM) mielies nog ’n probleem is om van die markte daar oop te kry. Volgens hom is mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ook geesdrifti­g besig om te help soek na nuwe markte.

SKULD

Oor die feit dat boere se skuldposis­ie hulle sal verhinder om mielies terug te hou totdat die pryse verbeter, het hy gesê ná die droogte kan dit wel ’n probleem wees, maar daar is ook goeie tekens. “Op Graan SA se kongres is die afgevaardi­gdes gevra oor hul skuldposis­ie. Heelwat minder afgevaardi­gdes het aangedui dat hulle skuld moes herskedule­er as wat ons aanvanklik verwag het.”

Daar is ook ’n baie goeie sojaboonoe­s op die lande. “Die opbrengs lyk baie goed en die prys is ook nie te sleg nie. Dié boere wat mielies én sojabone geplant het, kan dalk goed vaar met hul sojabone.”

Met die oes in volle gang, lyk dit of opbrengste hoër is as die nasionale gemiddelde van 1,6 ton/ha. Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousak­ekamer Agbiz, meen dit ondersteun die Oesskattin­gskomitee se siening van ’n rekord-sojaboonoe­s.

Hy sê wat mielies betref, is opbrengste sover ook bogemiddel­d en die naasgroots­te oes in die geskiedeni­s word verwag. “Droë toestande geld in die mielieprod­uksiegebie­de, wat ook goed is vir die oesproses.”

Sihlobo sê in die seisoen 2016’17 wat op 30 April geëindig het, het Suid-Afrika ’n geraamde 2,26 miljoen ton mielies ingevoer. In teenstelli­ng daarmee sal na verwagting 2,7 miljoen ton in die nuwe bemarkings­jaar uitgevoer moet word, waarvan omtrent 52% wit en 48% geel sal wees.

‘Ons heil lê in die ontwikkeli­ng van nuwe markte.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa