Landbouweekblad

MAAK SÓ IN SANDGROND

-

Die sandgrond van De Straat-boerdery, ’n vrugte-engroenteb­oerdery in die noordweste­like hoek van die KoueBokkev­eld, het vir mnr. Jan du Toit ’n ander struikelbl­ok gebring.

“Ons gronde se waterhouve­rmoë is baie laag en ons kon dus nie bekostig om ons besproeiin­gsinterval­le uit te rek nie. Omdat ons op sanderige grond boer, moet ons meer gereeld besproei en ons gebruik dus meer water as boere wat op swaarder gronde boer. Ons enigste uitweg was om die boom droër as normaalweg te bestuur in tye wat dit geen nadelige uitwerking op die huidige oes of fisiologie­se ontwikkeli­ng het nie.

“Wanneer die vrugte in die seldelings­tadium is, die eerste 40 dae ná volblom, het dit nie soveel water nodig soos wanneer dit in die selvergrot­ingstadium is nie. Ons het besluit om ons besproeiin­g dus vir die eerste 40 dae ná volblom afwaarts aan te pas. Dit is ’n baie fyn lyn, aangesien jy nie die boom in dié tyd in stres wil laat gaan nie. Die knop-induksie van volgende seisoen se oes begin reeds in hierdie tydperk plaasvind. Indien die boom dus in hierdie tydperk stres ervaar, sal die knop-induksie en vrugbaarhe­id van die boom benadeel word.

“Ons het ons grondvog baie meer intensief en deurlopend gemonitor, juis om minder water te gebruik tydens die eerste 40 dae ná volblom. In die toekoms sal ons die grondvog op dié vlakke bestuur,” verduideli­k Jan.

In die sandgrond is ’n grondbedek­king baie belangrik, maar bitter duur. “Ons beoog om ’n dekgewas, dalk ’n wintergraa­n, tussen die bome te saai en dit in die somer te sny en as grondbedek­king te gebruik. Dit is ’n reusebate en waar ons dit wel op die bankies het, het dit ’n beduidende waterbespa­ring meegebring.”

 ??  ?? Mnr. Jan du Toit
Mnr. Jan du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa