Landbouweekblad

DIÉ BOM GAAN OOR DIE HELE LANDBOU BARS

-

KLIMAATSVE­RANDERING IS ’n tydbom wat grootskaal­se veranderin­gs in die landbou sal noodsaak.

Dr. Ilse Trautmann is die hoofdirekt­eur van navorsing en die tegnologie­se ontwikkeli­ngs diens by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

Sy het op die kongres van die Internasio­nale Federasie van Landbou skrywers gesê die eerste verskyning van die vernietige­nde herfs kommandowu­rm die afgelope somer in Suider-Afrika en Tuta absoluta, oftewel die tamatie blaar myner, kan albei met aardverwar­ming verbind word.

Sy sê die landbou moet nou reeds beplan en kan nie wag vir môre nie. Dié voorbereid­ing sluit die identifika­sie van gewasse in wat beter by die verwagte moeiliker boerdery toestande aangepas is, asook die uitskakeli­ng van gewasse wat nie die mas opkom nie.

“Die Wes-Kaap het in die onlangse verlede miljarde rande se skade weens natuurvers­kynsels gely. Dit sal oplossings verg,” het sy gesê.

NUWE GEWASSE EN STREKE

Dr. Johann Strauss, senior landboukun­dige by die departemen­t, sê menige boer haal reeds wingerde uit en vervang dit met sitrus omdat die provinsie betreklik min sitrussiek­tes het en nie deur swart- vlek geraak word nie. Selfs koringboer­e plant nou sitrusbome.

Mnr. Darryl Jacobs, assistentd­irekteur-generaal, het gesê sekere dele sal nie langer voedsel kan verbou nie, maar nuwe gebiede sal beskikbaar raak.

“Die goeie nuus is dat die landbou aan die vooraand van ’n tegnologie­revolusie staan wat boere sal help om voort te bestaan,” het hy gesê.

Mnr. Gys du Toit, besturende direkteur van Dutoit Agri (’n omvangryke vrugte-ondernemin­g op Ceres), sê dié maatskappy gebruik reeds tegnologie om hierdie veranderin­ge die hoof te bied.

Dit sluit in produksie onder haelnette om oeste teen insekte, voëls en die elemente te beskerm, doeltreffe­nder besproeiin­g wat haarfyn gemeet word en die ontwikkeli­ng van nuwe kultivars wat beter by die veranderen­de klimaat aangepas is. Hulle chemiese plaagen siektebest­ryding word ook streng bestuur.

NETTO UITVOER

Met sulke planne sal Suid-Afrika kan voortgaan om sy rol as netto uitvoerder van voedsel vol te hou en die land én die wêreld te voed, sê Du Toit. Die maatskappy verbou vrugte en groente onder besproeiin­g op 4 500 ha in die Wes- en Oos-Kaap.

Dit sluit appels, pere en steenvrugt­e in, asook groente, soos uie, aartappels en patats in die Wes-Kaap, Limpopo en Namibië. In die spitsprodu­ksietyd het hulle 7 500 mense in diens.

Du Toit sê Suid-Afrika het nie die beste middele om boerdery te vergemakli­k nie – die land het nie goeie grond, reënval, klimaat en staatsubsi­dies nie. Daarom moet Suid-Afrika se boere slim en volhoubaar boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa