Landbouweekblad

VRAAG NA WYNDRUIFST­OKKE DAAL

- — THEUNS BOTHA

Die vraag na wyndruifst­okke het die afgelope tien jaar heelwat gedaal, waarskynli­k weens stygende produksiek­oste en sywaartse inkomste. Talle wingerde word vervang met sitrus, kern- en steenvrugt­e en ander gewasse.

Tafel- en rosyntjied­ruiwe se inkomste het egter tred gehou met inflasie en die vraag daarna het uitgebrei.

Twintig jaar gelede was die verhouding tussen die produksie van wyndruiwe en dié van tafelen rosyn druiwe by Lelie n fontein wingerd kwekers op Wellington onderskeid­elik 80:20. Vanjaar is die verhouding 40:60. Lelienfont­ein ent jaarliks ongeveer 10 miljoen stokke.

Om dus volhoubaar te kan boer, moet wingerdboe­re baie meer aandag gee aan onder meer produksiek­oste, kultivarke­uses, klone, grond voorbereid­ing, besproeiin­g, bemarking, verkope en hul keuse van onderstokk­e, sê mnr. André l e Roux, bemarkings­bestuur derby Lelie n fontein.

Die tradisione­le onderstokk­e by wyn-, tafel- en rosyntjied­ruiwe is Paulsen, Ramsey, Richter 99, Richter 110, Ruggeri, 143B, US 8/7 en in ’n mindere mate 101-14. Lelie n fontein, wat sedert 2014 ook’ n plant verbeterin­gs organisasi­e is, doen evaluasies met nuwe onderstokk­e om meer opsies te kan aanbied. Lelienfont­ein se prys vir ’n geënte wyndruifst­ok beloop van R13 tot R 16. Tafel-en rosyntjie druif stokke wissel van R20 tot R22.

Le Roux meen daar is tekens dat wyndruifaa­nplantings in die nabye toekoms weer sal toeneem weens laer wynproduks­ie (dalende aanplantin­gs die afgelope tien jaar) wat weer tot ’n prysaanpas­sing kan lei, asook meganiseri­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa