Landbouweekblad

Sorg met planttyd bepaal mielie-oes

Die vinnige vestiging van ’n egalige stand saailinge is deurslagge­wend vir ’n maksimum mielie-opbrengs. Mnr. Pieter Rademeyer, hoof-landboukun­dige van Pannar, gee raad.

-

Mielie-oeste se opbrengspo­tensiaal word reeds met planttyd vasgelê. Sonder ’n suksesvoll­e wegspring kan die knou wat so ’n oes reeds gekry het, nie later reggestel word nie.

Mnr. Randy Dowdy van die Amerikaans­e deelstaat Georgia, wat verlede jaar die opbrengsko­mpetisie van die nasionale vereniging van koringverb­ouers met 32,7 ton mielies per hektaar gewen het, glo inderdaad eweredige ontkieming is die groot ge- heim wat mielieprod­uksie betref.

Die grondslag van ’n suksesvoll­e oes is vinnige en gelyktydig­e ontkieming. Dít vereis net vier goed, maar ongelukkig is daar gewoonlik een of meer daarvan afwesig as jy in die planttyd te haastig raak. Dié vier is:

Genoeg en goed verspreide vog rondom die saad. Die oneweredig­e verspreidi­ng van grondvog rondom die saad is die grootste oorsaak van ’n onegalige opkoms. Dit kan opbrengsve­rliese van tot 10% meebring. Voldoende grondvog is nie so eenvoudig soos te nat of te droog nie.

Die meeste boere weet hoe lyk en voel genoeg grondvog, maar swak verspreide vog rondom die saad kan deur verskillen­de grondtipes, bewerkings­praktyke, ongewone weerpatron­e en onegalige en wisselende plantdiept­es veroorsaak word.

Verseker in droë toestande dat die plantdiept­e so gestel word dat die saad geplant word in grond wat eenvormig en voldoende nat is. Al is die ideale diepte tussen 50 mm en 60 mm, kan jy tot so diep as 80 mm plant as dit is waar genoeg vog is.

Om te diep te plant sonder BO: INLAS: die nodige temperatuu­r, kan wel swak ontkieming veroorsaak.

Onthou om ook die diepte van kunsmispla­sing aan te pas as voor-oopmakers dieper gestel word.

Vroeg plant sonder dat die grond op plantdiept­e warm genoeg is, kan probleme veroorsaak. Wees versigtig om nie te diep te plant as kleiner pitte gebruik word nie. Groter pitgrootte­s kan dieper as kleiner pitte ontkiem.

Om vlakker as 40 mm te plant, verhoog die kans op uitdroging van die grond rondom die pit.

Dit is veral op sandgrond ’n risiko.

 ??  ??
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Proewe wys dat as 76 cmrye pleks van 91 cmrye onder vol besproeiin­g geplant word, soveel as ’n een tonverbete­ring in opbrengs moontlik is. Hier is ’n voorbeeld van BG3492B, ’n ultravinni­ge geel mielie van Pannar, tussen Vrede en Standerton. Dit is...
FOTO: LIZA BOHLMANN Proewe wys dat as 76 cmrye pleks van 91 cmrye onder vol besproeiin­g geplant word, soveel as ’n een tonverbete­ring in opbrengs moontlik is. Hier is ’n voorbeeld van BG3492B, ’n ultravinni­ge geel mielie van Pannar, tussen Vrede en Standerton. Dit is...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa