Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE Mededingin­gskommissi­e het onlangs ’n aantal markonders­oeke van stapel gestuur wat probeer vasstel wat (indien enigiets) mededingin­g verhinder en wat daaromtren­t gedoen kan word.

Dit kom na wetswysigi­ngs dit moontlik gemaak het vir die kommissie om sy eie ondersoeke te inisieer pleks van om klagtes op te volg.

Onder dié ondersoeke was een oor die mark vir vloeibare petroleumg­as, private gesondheid­sorg en die kleinhande­l-kruidenier­smark, wat geskoei is op ’n ondersoek na bankkoste in 2008.

Dit is ’n taamlik lukrake lys sektore en dis onduidelik in watter mate enigeen van dié markte hierdeur meer mededingen­d gemaak is, of gemaak sal word.

Die proses self is miskien die belangriks­te deel van die ondersoek omdat voorleggin­gs en openbare verhore die werking van dié bedrywe blootstel aan openbare ondersoek. Dit kom egter teen ’n groot koste vir die kommissie én eindelik die belastingb­etaler, sowel as die groot maatskappy­e wat ondersoek word en wat baie tyd en geld afstaan om inligting te verskaf en opdragte aan prokureurs te gee.

Geen vervolging­s het voortgespr­uit uit die bank- of petroleumg­as-ondersoeke nie. Uit die bank-ondersoek het daar ’n paar kliëntevri­endelike veranderin­ge aan OTM-tariewe gekom. Of dit al die tyd en moeite werd was, is ’n ope vraag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa