Landbouweekblad

HOEKOM KIES REKENAAR WENNER?

-

Tydens die afgelope Bloemskou in Bloemfonte­in het ek en my gesin die Elite-bulkampioe­nskap aanskou. Die tent was netjies en profession­eel en die bulle van hoogstaand­e gehalte – die room van elke ras.

Daar is 17 bulle vertoon, waaruit die beoordelaa­rs die kampioen moes aanwys. Hulle het toe ses bulle gekeur. Uit dié ses moes die kampioen aangewys word, gegrond op voorkoms en groeisyfer­s wat deur SA Stamboek per rekenaar bygehou word.

Groot was my en die beoordelaa­rs se verbasing toe ’n bul wat nie gekeur was nie, deur die rekenaar aangewys is as die Elite-kampioen.

Nou vra ek: Hoekom was daar hoogs opgeleide beesrasken­ners vir die keuring van die bulle? Hoekom die beoordelaa­rs so verneder? Hoekom die boere al die koste laat aangaan om hul pragdiere op die skou te vertoon as ’n blikbrein besluit watter bul is die Elite-kampioen?

Die wyse waarop die kampioen aangewys is, is absurd en ’n klap in die gesig van elke stoetboer en beoordelaa­r wat by die kampioensk­apsbyeenko­ms

betrokke was. SA Stamboek kon net sowel aan die “kampioen” se eienaar ’n teksboodsk­ap gestuur het. Dan was al die ongerief en koste om die diere by die skou te kry, nie nodig nie.

Ek sal nie verbaas wees as daardie stoetboere nie die volgende Elite-kampioensk­ap ondersteun nie L.L. SMIT Kimberley

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa