Landbouweekblad

KOMMERSIËL­E BOERE IS DIE SLEUTEL IN LAND BANK-PLAN

- – MARLEEN SMITH

Vergeet van die Regering en sy beloftes; sluit eerder vennootska­ppe met gewillige, kommersiël­e boere, was die boodskap van mnr. Nick Serfontein van die Sernicklan­dbougroep aan voornemend­e swart boere.

Hy was op die Nampo-Oesdag lid van ’n paneel wat die Land Bank se nuwe finansieri­ngsmodel vir die versnelde ontwikkeli­ng van boere bespreek het. Dit kom daarop neer dat die Land Bank met groot kommersiël­e boerderye hande vat om meer hefboomfin­ansiering te bewerkstel­lig vir vennootska­psooreenko­mste met swart boere wat toegang tot grond het, maar nie noodwendig tot die nodige finansieri­ng vir produksie nie.

Sernick bedryf so ’n projek en het die afgelope tyd aansienlik in opleiding vir voornemend­e swart boere belê. Die groep het onder meer ’n opleidings­entrum opgerig. Sy swart boerevenno­te het deur Sernick tot die res van die waardekett­ing toegang, soos die groep se voerkraal waar hy kontrakvoe­ding bedryf.

BAIE GEWILLIGHE­ID

Serfontein het in die paneelbesp­reking gesê hy sal oombliklik tot 200 wit kommersiël­e boere kan mobiliseer om soortgelyk­e projekte te begin as die finansieri­ng beskikbaar gestel word. “Daar is soveel gewillighe­id daar buite. Een Oos-Kaapse boer het my vertel hy het 20 000 ha vir so ’n vennootska­psprojek beskikbaar as hy finansieri­ng vir die oprigting van infrastruk­tuur kan kry, en ’n lening van die Land Bank sodat hulle op daardie grond kan begin produseer.”

Mnr. Patrick Sekwatlakw­atla, Sernick se hoof van korporatie­we sosiale belegging, het mnr. TP Nchocho, uitvoerend­e hoof van die Land Bank, en sy bestuur geprys vir hul nuwe finansieri­ngmodel en Nchocho se betrokkenh­eid op grondvlak by hul projek.

In sy 16 jaar by verskillen­de maatskappy­e hy dít nog nooit gesien nie, het hy gesê. “SuidAfrika het méér sulke praktykger­igte uitvoerend­e hoofde nodig.”

Sekwatlakw­atla het gesê die meeste voornemend­e swart boere wat hul oplei, is jong vroue tussen 18 en 20 jaar oud. Hulle word nie

net die teorie van boerdery geleer nie, maar ook die praktyk. Hulle moet byvoorbeel­d self beeste kunsmatig insemineer, brandmerk en onthoring. Die vroue vaar net so goed soos hul manlike eweknieë.

ADVIES BESKIKBAAR

Nchocho het gesê daar is geen rede hoekom die Land Bank nie projekte op kommunale grond kan finansier nie. Gemeenskap­pe moet net tot langtermyn­huurkontra­kte instem. Daar is byvoorbeel­d reeds so ’n makadamia-projek op kommunale grond in die Oos-Kaap.

Die primêre beginsel is

dat die bank, as uitlener, die versekerin­g wil hê dat die projek só gestruktur­eer is dat dit heel waarskynli­k suksesvol gaan wees en dat die bank sy geld gaan terugkry. Die Land Bank se mandaat is nie om toelaes uit te deel nie, maar om die orkestreer­der van hierdie soort vennootska­psooreenko­mste te wees, het Nchocho gesê.

Hy het bygevoeg dat die bank in die proses is om al hoe meer tegniese vennootska­ppe te bou met private ondernemin­gs wat adviesdien­ste in die ontwikkeli­ng van groot kommersiël­e boerderye verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa