Landbouweekblad

DODELIKE UITBREKING TREF VEEBOERE

-

TALLE besoekers het op die Nampo-Oesdag by Landbouwee­kblad se stalletjie raad by dr. Faffa Malan gevra oor erge lamen kalwervrek­tes.

Een boer het ontsteld vertel hoe hy 1 000 lammers verloor het. Die ergste uitbreking­s van bakteriese siektes is in die OosVrystaa­t aangemeld, maar dit is ook besig om te versprei.

Ondersoeke op dooie lammers het gewys sekere Escherichi­a coli-stamme is vir die vrektes verantwoor­delik. In talle gevalle was kriptospor­idiose ook teenwoordi­g. ’n Span wetenskapl­ikes probeer tans om alle moontlike middels te vind om die uitbreking­s hok te slaan.

Hulle beveel aan dat boere hul ooie voor lamtyd met ’n outogene entstof inent.

Sulke entstowwe word vervaardig van die bakterieë wat geïsoleer word van monsters wat veeartse van aangetaste diere neem.

Dok Faffa noem dat daar wel middels beskikbaar is by veeartse wat kan help om die skade te voorkom en te beperk, maar sê ook dis belangrik om vas te stel watter spesifieke antibiotik­a doeltreffe­nd is teen die bakterieë, deur ’n antibiogra­m te laat doen.

HIGIËNE

Dok Faffa sê dit is tans moeilik om vas te stel waarom die siektes uitbreek en versprei, maar maan boere om groot klem te lê op higiëne en biosekerhe­id. Ander bydraende faktore sluit in die uitwerking van die droogte wat tot proteïente­korte lei, asook swak kolostrum of kolostrum wat nie ingeneem word nie, of wat nie teenliggam­e teen die spesifieke E. coli-stamme bevat nie.

Ander faktore sluit in vitamien A-tekorte, voer van hoendermis, besmette water, stof, draerdiere of intensiewe stelsels waar die stamme vastrapple­k kan kry.

Alle ander oorsake van diarree moet ook ondersoek word. Enige siek diere moet onmiddelli­k uit die kudde verwyder, in kwarantyn geplaas word en elektrolie­te in hul drinkwater kry.

Dok Faffa raai boere ook aan om artikels op Landbou.com na te slaan oor E. coli en kriptospor­idiose in diere.

Begin soek by http://www. landbou.com/nuus/duisendlam­mers-vrek-oor-e-coli , of kontak Dok Faffa per e-pos by dokfaffa@nashuaisp.co.za. — CHRIS BURGESS

‘Dit is belangrik om vas te stel watter spesifieke antibiotik­a doeltreffe­nd is teen die bakterieë deur ’n antibiogra­m te laat doen.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa