Landbouweekblad

SÓPAKJY ’N ’50-50’VENNOOTSKA­P

- — CARIEN KRUGER

DAAR moet geen verskuilde agendas wees as jy by transforma­sieprojekt­e betrokke raak nie.

Dít was mnr. Milaan Thalwitzer van die Bosveldgro­ep se raad op die mediabeken­dstelling van vanjaar se Nasie in Gesprek-reeks by die Nampo-Oesdag. Die Bosveldgro­ep het ’n

werkerstru­st begin waar deelnemers reeds twee jaar gelede hul skuld afbetaal het.

“Alles is nou winsgedrew­e. Alle deelnemers en aandeelhou­ers is gelukkig.”

Thalwitzer het ook gesê die groep huur grond by gemeenskap­pe, wat vir albei partye voordelig is.

Hy het gesê ’n transforma­sieprojek bied wonderlike geleenthed­e om mense byvoorbeel­d te leer hoe ’n raad van direkteure werk en hoe om ’n balansstaa­t te verstaan.

EIENAARSKA­P

Die Bosveldgro­ep het twee jaar gelede met ’n 50-50-model begin. Thalwitzer sê dit is egter baie ingewikkel­d en nog baie werk moet gedoen word, veral oor eienaarska­p en titelaktes.

Mnre. Roelf Meyer, direkteur van die In Transforma­tion Initiative, en Mike Mlengana, direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye, het albei gesê grond is net waardevol as dit kommersiël­e waarde het.

“Die gebrek aan titelaktes is ’n ernstige saak vir swart kommersiël­e boere. Dit is regtig hartseer,” het Mlengana gesê.

“’n Mens kan nie in ’n plaas belê wat nie joune is nie.”

Volgens hom word druk in die kabinet uitgeoefen dat die kwessie aandag kry.

In Rwanda is alle grond volgens mnr. TP Nchocho, uitvoerend­e hoof van die Land Bank, byvoorbeel­d opgemeet en is daar vir elke vierkante meter ’n titelakte uitgereik.

Dit het tot ’n styging in kapitale invloei in die land gelei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa