Landbouweekblad

Franse neem die leisels oor by Profert

- MARLEEN SMITH

’N Franse kunsmismaa­tskappy het na vore getree om tot die redding van die beleërde Profert te kom.

Profert was in ’n stadium Suid-Afrika se derde grootste kunsmismaa­tskappy, en sy ondergang word nou al die afgelope twee jaar wyd voorspel.

Die Land Bank, wat saam met ’n Chinese maatskappy een van twee aandeelhou­ers in Profert is, moes verlede jaar na bewering noodgedwon­ge minstens

R1,2 miljard bestee om die maatskappy aan die gang te hou.

Sedertdien is hard en wyd na ’n koper gesoek om die Profert-boot weer te help vaar.

Die Franse maatskappy Roullier het toe kort voor druktyd aangekondi­g dat hy beoog om Profert oor te neem. ’n Reeks transaksie­s moet nog gefinalise­er word, en die Mededingin­gskommissi­e moet ook nog die jawoord gee, lui ’n verklaring.

Roullier doen in 50 lande sake,

het ’n omset van meer as 3 miljard euro, en wil deur Profert ’n basis in Afrika bewerkstel­lig. Die maatskappy spesialise­er veral in vloeibarek­unsmisprod­ukte en het 7 300 werknemers.

Die Roullier-groep is in 1959 op die dokke van Saint-Malo op die noordwes-kus van Frankryk gestig nadat ’n boorling, mnr. Daniel Roullier, ’n neerleggin­g van kalksteen en alge gekoop het, en ’n grond-opknapper daaruit onttrek het. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa