Landbouweekblad

SAMEWERKIN­G KAN DRUK OP SANDVELDBO­ERE VERLIG

- LUCILLE BOTHA

AARTAPPELB­OERE in die Sandveld behoort beter saam te werk, nie net om omgewingsh­ulpbronne suksesvoll­er aan te wend nie, maar ook ter wille van finansiële oorlewing.

Mnr. Jan van Zyl is die voorsitter van die Sandveldse Aartappelk­wekersorga­nisasie (Sako). Hy het op die liggaam se jaarvergad­ering op Lambertsba­ai gesê altesame 7 205 ha aartappels is in die vorige seisoen in die streek geplant, waarvan meer as 33 miljoen sakkies aartappels vir die vars mark gelewer is. Sowat 20% van die Sandveld se aartappelp­roduksie gaan na die verwerking­smark.

“Ons is geleë in ’n reënvalstr­eek waar ons 12 maande van die jaar aartappels kan verbou. Ons sandgrond is arm, maar dit lewer ’n uitstekend­e produk. Die voordele wat ons in die Sandveld geniet, kom egter nie sonder probleme nie. Aartappelv­irusse en hoë produksiek­oste is twee van die grootste struikelbl­okke waarmee ons stoei.”

Volgens Van Zyl was daar die afgelope jaar die hoogste voorkoms van virussiekt­es tot nog toe in die Sandveld. Dit lei daartoe dat al hoe minder moere in die streek gelewer word.

“Hoe ons virusse bestuur, sal ons toekoms bepaal. Om die geleenthed­e te ontgin, moet ons mooi dink oor hoe ons ons medeboere sien – as vennote, mededinger­s of as die vyand?

“As ons vennote is, sal ons moet saamwerk om die markte te bestuur, maar nie te manipuleer nie.

“Te min van die produk is ook nadelig. Ons moet streef na volhoubaar­heid en gesonde mededingin­g is goed.”

DRUK

Prof. Johann Kirsten, direkteur van die buro vir ekonomiese navorsing by die Universite­it Stellenbos­ch, het die druk op waterbronn­e en biodiversi­teit in die Sandveld as ander omgewingsw­erklikhede aangedui. Hy meen dit is noodsaakli­k dat boere saamwerk in ’n situasie soos hierdie waar winsmarges én hulpbronne onder druk is.

“Jy moet uitbrei, of nuwe, duur werktuie aanskaf, of jy moet begin dink aan die waardekett­ing. Jy kan nog waarde ontsluit deur die waardekett­ing beter te bestuur, maar dit beteken dan ook samewerkin­g.”

Vertikale integrasie is ’n uiterste vorm van koördinasi­e. ’n Ander opsie is om horisontaa­l saam te werk.

“Ons moet saam aartappels pak, vervoer of bemark.

“Só bou ons vertroue, ruil inligting en kry bedingings­mag. Waarde moet beskerm word deur samewerkin­g.”

Volgens Kirsten is daar ook ’n behoefte om produksies­telsels aan te pas en om te swaai na produksie met lae insetkoste. Dit is nie net kostebespa­rend nie, maar is ook tot voordeel van die omgewing.

“Wins en volhoubaar­heid kan verbeter word deur samewerkin­g, maar dis moeilik . . . amper teen ons aard en wese. Vermy konflik en apatie, want dis aspekte wat enige samewerkin­g en saamstaan kan kelder.”

 ??  ??
 ?? FOTO’S: LBW ARGIEF ?? Sandveld-aartappelb­oere het vanjaar die hoogste voorkoms van virusse tot nog toe aangeteken.
FOTO’S: LBW ARGIEF Sandveld-aartappelb­oere het vanjaar die hoogste voorkoms van virusse tot nog toe aangeteken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa