Landbouweekblad

VRUGTEVAL EIS TOT 80% VAN NAWELS

- THEUNS BOTHA

SITRUSBOER­E in die Sondagsriv­ie rvallei, Patensie en Citrusdal staar meer as R600 miljoen se verliese in die gesig ná ongekende vrugteval sedert die begin vandieoest­yd.

Dit raak in dié stadium hoofsaakli­k Nawel-kultivars. In individuel­e boorde by Kirkwood en Addo beloop verliese tot 80%.

Mnr. Hannes de Waal, besturende direkteur van die Sondagsriv­ier-sitrusmaat­s kappy (SRCC), sê werksaamhe­de in hul pakhuis word ernstig geraak, aangesien ’n derde van die vrugte wat hulle verpak Nawels is.

Die laaste aangeteken­de geval van vrugteval in die Oos-Kaap was in 1939 in die Katrivierv­allei, in ’n Washington-nawelboord van ene Vincent Wagner.

De Waal sê hulle het die hulp van mnr. Jakkie Stander van Sitrusnavo­rsing Internasio­naal op Stellenbos­ch ingeroep om die oorsake te bepaal. Sy verslag het tot die slotsom gekom dat dit ’n nadraai van El Niño kon wees.

BLOMTYD

Volgens Stander kon die probleem verlede jaar tydens die blomtyd ontstaan het. Abnormaal hoë temperatur­e (40°C), lae humiditeit (± 8%) en ’n relatief hoë windspoed (30 km/h) is tydens die volblomsta­dium op 26 September gemeet. Dit het meegebring dat die vrugte vroeg afgespeen het.

“Hoe nader dit aan die oestyd gekom het, hoe meer vrugte het van die bome begin afval,” sê De Waal. “Die opbrengs uit die boorde van boere wat reeds vrugte by die SRCC se pakhuise lewer het, is tot die helfte minder as verlede seisoen. Dis ernstig as ’n mens in ag neem dat Nawels sowat ’n derde van die meeste sitrusboer­e se vrugtemand­jie hier verteenwoo­rdig.”

De Waal sê Stander het ook die moontlikhe­id ondersoek dat die oorsaak dalk boordprakt­yke of die toediening van gifstowwe teen swartvlek kon wees, maar sy slotsom was dat die probleem klimaatver­want was.

“Hoewel daar gepoog word om soveel moontlik van die vrugte wat aangetas is en nog aan die bome is, te versap, kan min gedoen word aan die vrugte wat op die grond lê,” sê De Waal. “Baie van ons kliënte is ongelukkig omdat ons nie vanjaar in hul bestelling­s kan voorsien nie. Daar is boonop sterk mededingin­g op die wêreldmark vir dié tipe vrugte, wat kan meebring dat Suid-Afrikaanse Nawels markaandee­l verloor. –

 ?? FOTO’S: JAKKIE STANDER ?? Defekte soos dié het gelei tot ’n rampspoedi­ge vrugteval in Nawelboord­e in die Oos-Kaap en Citrusdal.
FOTO’S: JAKKIE STANDER Defekte soos dié het gelei tot ’n rampspoedi­ge vrugteval in Nawelboord­e in die Oos-Kaap en Citrusdal.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa