Landbouweekblad

INVOER EN MARKTOESTA­NDE RY HOENDERP RODUSENTE

- – CARIEN KRUGER

DIE genoteerde pluimveepr­odusente Astral en Sovereign se geldsake trek steeds swaar weens rekordvolu­mes ingevoerde vleis, hoë voerpryse en die nuwe perk op toegevoegd­e pekelwater

Astral se inkomste vir die halfjaar tot einde Maart het met 1% gedaal tot R5,79 miljard. Sovereign het, ten spyte van ’n styging van 25% in omset, in die jaar tot Februarie ’n verlies van R35,5 miljoen gely teenoor die vorige jaar se wins van R81,1 miljoen.

Astral se bedryfswin­s het met 51% gedaal en sy wesensverd­ienste per aandeel met 54%. Sovereign het ’n verlies van 46,5 sent per aandeel gely.

’n Rekordhoev eelheid van 66 658 ton hoendervle­is is in Maart vanjaar ingevoer, ondanks ’n verbod op invoer uit sekere Europese lande waar voëlgriep uitgebreek het.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof van Astral, sê ’n groot deel van die invoer was uit Amerika. Meer inligting is nog nie beskikbaar nie en dis moontlik dat drie maande se bestelling­s in een maand aangeteken is.

Die invoer uit Amerika is steeds binne die perke van die ooreenkoms tussen Amerika en Suid-Afrika kragtens die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa), wat bepaal dat 65 000 ton hoenderstu­kke aan die been sonder ’n teenstorti­ng starief ingevoer mag word.

PEKEL

Die inkomste van Astral se pluimvee-afdeling het in sy jongste halfjaar met slegs 0,4% gestyg. In dié tyd moes die toevoeging van pekelwater by kitsbevror­e stukke (IQF) van 30% tot 15% vermin- der word, en het voerpryse met 16,8% gestyg. Dié afdeling se bedryfswin­s het met 88,5% gedaal. Sovereign het ook hul swakker prestasie aan dié faktore toegeskryf, asook weens eenmalige regskoste om ’n oorname deur Country Bird Holdings te keer.

Met die pekelperk het Astral nuwe pakgrootte­s bekend gestel. Schutte sê dit is nog nie duidelik watter grootte verbruiker­s verkies nie. “In sekere gebiede hou verbruiker­s by die 2 kgsak, al kos dit meer omdat daar meer hoendervle­is in is. Maar die (nuwe) 1,7 kg-sak verkoop ook. Dit hang af watter produkte die kleinhande­l op promosie verkoop. “Wat interessan­t is, is dat meer 5 kg-sakke verkoop word. Dit lyk of mense daarvan koop en die vleis dan onder mekaar verdeel.” Hy sê hulle wil sowat ’n jaar lank dophou watter verpakking­s verbruiker­s verkies. Die inkomste van Astral se voerafdeli­ng was 0,4% laer weens ’n daling van 8% in die verkope van voer.

POSITIEF

Sovereign sê in ’n verklaring sy uitvoer van rou en gaar vleisprodu­kte groei steeds, en die maatskappy werk daaraan om uitvoer na spysenieri ngsdienste en kleinhande­laars in die Midde-Ooste uit te brei. Mnr. Chris Coombes, uitvoerend­e hoof, het aan Moneyweb gesê die maatskappy wil, wanneer die regulatori­ese omgewing verbeter, na Amerika en die Europese Unie uitvoer.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Nadat die perk op die hoeveelhei­d pekel in bevore hoendervle­is verlede jaar ingestel is, het Astral kleiner verpakking­s uitgebring wat dieselfde hoeveelhei­d hoendervle­is bevat as wat die ou pakke gepekelde hoendervle­is bevat het.
FOTO’S: VERSKAF Nadat die perk op die hoeveelhei­d pekel in bevore hoendervle­is verlede jaar ingestel is, het Astral kleiner verpakking­s uitgebring wat dieselfde hoeveelhei­d hoendervle­is bevat as wat die ou pakke gepekelde hoendervle­is bevat het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa