Landbouweekblad

Droogte bring boere by kruispad

- ROELOF BEZUIDENHO­UT

DIE impak van die afgelope droogte op die wildbedryf word dalk onderskat – en daar lê ’n strawwe winter voor as dit nie reën nie, meen mnr. Neil Dodds, voorsitter van die Oos-Kaapse Wildbestuu­rsge nootskap.

Dodds het by ’n onlangse byeenkoms van die Karoo Middelande Wild-studiegroe­p op sy plaas Meerlust, buite Jansenvill­e in die suidoostel­ike Karoo, uiteengesi­t hoe hoë voerkoste en kontantvlo­ei probleme die groei

van die wildbedryf in dié provinsie kan strem namate boerderysa­ke ná die droogte herstel.

“Wildboerde­ry is anders in die Oos-Kaap,” het hy gesê. “In die noorde is daar meer groot sakemanne wat in wild en wildsplase belê het. Hulle is nie so afhanklik van boerdery-inkomste soos baie van ons nie.”

Omdat beeste ’n vinniger omset gee as wild, kan die veekompone­nt van gemengde boerderye op kort termyn groei ten koste van wild, want dit gee boere die kans om vinniger uit hul skuld te kom – veral waar daar mielies beskikbaar is.

Dodds meen noudat die pryse van wild, veral kleurvaria­nte, drasties gedaal het, sal telers hulle weer op jag en toerisme moet toespits. “Die hoë pryse het ons meegevoer en van die spoor af laat gaan. Ons het te veel betaal vir diere wat nie eintlik ’n eindmark in die jagveld gehad het nie.

“Vanjaar het nog net een veiling ’n styging in omset getoon, en dit was weens ’n paar uitskietpr­yse. Maar dis nie asof die mark in duie gestort het nie. Aanbod en aanvraag veroorsaak altyd dat ’n dier sy eie prysvlak vind, of dit nou vir jag of teling is.”

Volgens Dodds is veral die kleurvari antemark tans ’n kopersmark, maar die tyd kan ryp wees vir wildboere om hul algemene teelmateri­aal te verbeter.

“Ons Summit-veiling op Graaff-Reinet in September gaan meer toegespits wees op gehalte as op getalle,” sê hy.

ETIESE PRAKTYKE

Dodds waarsku dat die bedryf nie sy eie grootste vyand moet word nie. “Die debat teen klein kampies is deur Namibië as ’n foefie gebruik om trofeejagt­ers daarheen te lok, en die redenasie is ongelukkig ondersteun deur van ons eie jagters en bewaringso­r ganisasies. Ons moet saamstaan vir die beswil van almal.”

Hy meen die rol van kleiner kampe in die jagbedryf is heeltemal uit verband geruk. Die klem moet eerder val op etiese jagpraktyk­e, wat gou onetiese jagters en operateurs uit die mark sal druk.

‘Wildboerde­ry is anders in die Oos-Kaap.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa