Landbouweekblad

MOENIE DIE OU DAE ROMANTISEE­R

- — CARIEN KRUGER

DIE suiwelbedr­yf se grootste probleem is nie die dalende getal melkboere nie.

Só sê mnr. Melt Loubser, uitvoerend­e hoof van Faircape Dairy en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seer dersorgani­sasie (Sampro).

Hy was op die jaarlikse simposium van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suiwelteg nologie buite Pretoria krities oor mense wat die tydperk toe die bedryf gereguleer was, “romantisee­r”.

“Die Regering het reg deur die waardekett­ing ingemeng. Ons het hardhandig­e beheerrade gehad. Daar was min of geen stimulus vir entreprene­urs bedrywighe­de nie en die bedryf was hoogs gekonsentr­eerd.”

Loubser sê in die gereguleer­de tydperk was fabrieke op die

vreemdste plekke geleë, dikwels met die doel om werk te skep en omdat dit nie nodig was om mededingen­d te wees nie.

Hy onthou ’n regter wat in 1993 tydens ’n groot hofsaak gevra het wat die melkbeheer­raad met al die geld gedoen het wat hy per liter verwerkte melk gehef het. Dit was sowat 7c/liter en die plaashekpr­ys was toe sowat 55c/liter.

GROTER SAMEWERKIN­G

Loubser sê ná 1994 moes die bedryf skielik in ’n ongeregule­erde omgewing sake doen, met die nalatenska­p van ’n denkwyse uit die gereguleer­de tydperk.

“Ons het geprodusee­r wat ons wil. Ons sou eers later oor die gevolge dink.”

Loubser het gesê destyds en ook vandag is daar mense wat die bedryf oorvereenv­oudig en sê “melk is melk”, dat die melkprys onelasties is en dat ’n mens kan uitvoer as daar ’n ooraanbod sou wees.

Die bedryf het deur ’n onstuimige tydperk gegaan waarin bedryfsor ganisasies

met verskeie struktuurv­orms bestaan het.

“Weens die ingesteldh­eid van daardie tyd het mense in hul eie kommersiël­e belang opgetree, pleks van om in die belang van die bedryf op te tree.”

Loubser sê die bedryf was bekend vir sy binnegeveg­te. Hy is optimistie­s dat verskillen­de partye nou saamstem dat daar kwessies is wat gesamentli­k aangepak moet word.

Aanbod moet byvoorbeel­d die vraag volg en markte verseker dat dit gebeur.

WISSELVALL­IGE PRYSE

Loubser sê daar word vandag sowat 20% meer melk as in 2008 gelewer.

“Die suiwelbedr­yf groei en is dinamies. Ja, dit is finansieel moeilik, maar dit is internasio­naal mededingen­d.”

En dit terwyl internasio­nale markte steeds produksie stimuleer. Loubser het gesê dié stimulasie lei tot die baie wisselvall­ige pryse op internasio­nale markte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa