Landbouweekblad

SA wyne steeds na Noorweë

- — LUCILLE BOTHA

DIE Noorweegse wynmonopol­ie Vinmonopol­et het aangekondi­g dat wyninvoer uit Suid-Afrika nie “in dié stadium” gestaak gaan word nie.

Dit volg ná ’n ouditeur en tolk namens Vinmonopol­et van 13 Maart tot 8 April altesame 22 plase in Stellenbos­ch, Paarl en Robertson besoek het om die aantygings te ondersoek wat in die Deense dokumentêr Bitter Grapes – slavery in the vineyards gemaak word.

Dié dokumentêr het internasio­naal opslae gemaak nadat dit werktoesta­nde in die plaaslike bedryf aan die lig gebring het. Dit is onder meer in Swede, Denemarke en Noorweë uitgesaai.

“Baie verbruiker­s het ons met groot besorgdhei­d gekontak nadat die Bitter Grapes-dokumentêr op 1 November in Noorweë uitgesaai is. Sommige mense sou duidelik nie weer Suid-Afrikaanse wyn koop nie, maar hulle was ver in die minderheid,” het mnr. Kristian Hogstad, korporatie­we hoof van Vinmonopol­et, aan Landbouwee­kblad gesê.

“Die meeste Noorweërs reken steeds Suid-Afrikaanse wyne bied goeie gehalte.”

Vinmonopol­et is ’n kleinhande­laar in alkoholies­e drankies en behoort aan die Noorweegse regering. Dit is die enigste maatskappy wat drank met ’n alkoholinh­oud van meer as 4,75% in Noorweë mag verkoop. Suid-Afrika is vir hom ’n klein mark.

ONAFHANKLI­KE OUDITS

Volgens Hogstad het die ouditeur agt spesifieke onderwerpe tydens sy besoeke ondersoek. Produsente is daarna ingelig oor die bevindinge en op grond daarvan is hulle kans gegee om verbeterin­ge aan te bring.

“Ons sal net ophou om wyn (uit Suid-Afrika) in te voer as die produsente of plase nie die regstellin­gs aanbring nie.

“Ons verwag van hulle om met die samewerkin­g van Noorweegse invoerders hierdie aanpassing­s te maak.”

Hogstad sê hulle het verskeie risiko’s bespeur.

“Ons span se grootste struikelbl­ok was naspeurbaa­rheid en om inligting te kry oor die produsente se verskaffin­g sketting.”

Hogstad het erken Suid-Afrika is nie die enigste land met dié tipe uitdagings nie. Hulle is tans onder meer besig om soortgelyk­e probleme in Sentraal-Amerika se rumbedryf uit te stryk.

“Daar is talle lande wat hoog op ons lys van risiko-ontledings verskyn. Nie een van daardie lande kry egter dieselfde media-aandag as Suid-Afrika nie.”

‘Sommige mense sou duidelik nie weer Suid-Afrikaanse wyn koop nie, maar hulle was ver in die minderheid.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa